Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Calypso-toer groot toets vir Proteas

Meer konsekwente vertonings.

Dís wat Hilton Moreeng, afrigter van die Proteas se vroue-krieketspan, van sy spelers soek wanneer hul toer vandeesweek in die Wes-Indiese Eilande begin.

Hilton Moreeng

Suid-Afrika kom in drie eendag- en vyf T20-wedstryde teen die Windies in die Karibiese Eilande te staan.

“Om vorentoe te kan beweeg, moet daar meer konsekwent vertoon word,” het Moreeng die afgelope week gesê.

“Om die beste spanne ter wêreld aan te vat, het ons daardie soort vertonings op ’n gereelde grondslag nodig. Daar is spelers wat dié verantwoordelikheid aanvaar en hulle besef wat op die spel is.”

Volgens Moreeng gaan die eerste drie wedstryde van die toer belangrik wees.

Die kitswedstryde sal waardevolle ranglyspunte aan die Pro­teas bied in die Internasionale Krieketraad se Vroue-kampioenskap.

Dié ranglys sal bepaal watter spanne outomaties kwalifiseer vir 2021 se Wêreldbekerkriekettoernooi in Nieu-Seeland.

Die Proteas beklee tans die negende plek op die ranglys. Slegs die voorste drie spanne, tesame met die gasheerland, sal outomaties kwalifiseer.

Die Proteas se toer-skedule:
  • Sondag 16 September: Eerste eendagstryd
  • Woensdag 19 September: Tweede eendagstryd
  • Saterdag 22 September: Derde eendagstryd
  • Maandag 24 September: Eerste T20-stryd
  • Vrydag 28 September: Tweede T20
  • Sondag 30 September: Derde T20
  • Woensdag 3 Oktober: Vierde T20
  • Saterdag 6 Oktober: Vyfde T20-stryd.

Suid-Afrika het ’n paar reeks-loesings agter die blad en sal moet wen om binne trefafstand van die voorste spanne op die puntelys te bly.

Hulle het vroeër in reekse wat deel uitmaak van kwalifisering, teen Indië en Engeland verloor, maar die Proteas kon darem vir Bangladesj klop.

Dis juis wisselvallige vertonings teen die Indiërs en Engelse wat die Proteas duur te staan gekom het.

Moreeng wil egter sien dat sy spelers daardie juk van hul skouers afskud.

Hy beskik oor ’n paar ervare sterre wat onlangs goed gevaar het in die Engelse T20-kompetisie en hy sal hoop hul ervaring oorsee sal die ander spelers aanspoor.

“Ek is baie gelukkig met waar die span tans staan. Die groot ding is om nou die span oorsee te kry sodat ons kan begin voorberei.”

Die Suid-Afrikaanse vroue staal hulle vir stadige kolfblaaie met baie draai.

Meer oor:  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket  |  Vrouekrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.