Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Carey, Maxwell se kolwe flits in oorwinning
Glenn Maxwell (links) en Alex Carey. Maxwell is as die Speler van die Wedstryd aangewys. Foto: Getty Images

Uitstekende honderdtalle deur Alex Carey en Glenn Maxwell het Australië Woensdag gehelp om ’n dramatiese oorwinning met drie paaltjies teen Engeland te behaal.

Die besoekers het met dié sege op Old Trafford die eendagreeks met 2-1 beklink.

Carey (106 van 114 balle) en Maxwell (108 van 90 balle) het ’n vennootskap van 212 lopies opgestapel om die sesde paaltjie nadat die Aussies op 73/5 gesteier het. Hulle het ’n stewige wenteiken van 303 gejaag in die laaste wedstryd van die witbaltoer.

Jonny Bairstow het in die Engelse kolfbeurt 112 aangeteken. Die tuisspan moes ’n terugvegpoging lewer nadat hy sy eerste twee paaltjies met die eerste twee aflewerings van die beurt verloor het.

Engeland het uiteindelik 302/7 in sy 50 beurte behaal nadat hy die loot gewen het.

Die Aussies het hulle eerste vyf paaltjies goedkoop prysgegee, maar uitstekend terugbaklei om die oorwinning te behaal met twee balle oor.

Dit was die wêreldkampioen se eerste tuisnederlaag in ’n eendagreeks in vyf jaar.

Telkaart.

– Reuters


Meer oor:  Glenn Maxwell  |  Eendagkrieket  |  Alex Carey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.