Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sri Lanka vir eers sonder sy kaptein

Die krieketspan van Sri Lanka sal in die toetsreeks daar teen Suid-Afrika vir eers sonder sy kaptein, afrigter en spanbestuurder wees.

Sri Lanka se kaptein Dinesh Chandimal hier saam met die Proteas se kaptein Faf du Plessis. Foto: Reuters

Die eerste van die lande se twee toetse begin Donderdag in Galle.

Die kaptein Dinesh Chandimal, breier Chandika Hathurusinghe en bestuurder Asanka Gurusinha het hangende die bevinding teen hulle ingestem om die twee toetse mis te loop. Hul verhoor is Woensdagaand laat afgehandel, maar daar was nog geen bevindinge bekend gemaak nie.

Hulle het vroeër skuld beken op ’n vlak 3-oortreding teen hulle wat spruit uit ’n voorval gedurende die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande toe hulle nie in die gees van die spel opgetree het nie.

Hulle het ná ’n vroeëre geskil oor balpeutery vir twee uur lank geweier om die veld te betree vir die derde dag se spel. Die minimum straf vir die oortreding is twee toetse.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het Woensdagaand op Twitter gesê die tugbeampte sal binnekort sy beslissing bekend maak.

“Chandimal, Hathurusinghe en Gurusinha, wat skuldig gepleit het, het intussen ingestem om nie aan die twee toetse teen Suid-Afrika deel te hê nie. Dit sal as krediet dien teen die straf waarop die beampte besluit,” lui die IKR se kort verklaring.

Meer oor:  Sri Lanka  |  Toetskrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.