Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Charlton Noord-Kaap se nuwe afrigter

Mark Charlton, ’n bekende afrigter by Noordelikes en die Titans, sal die krieketspan van Noord-Kaap die komende seisoen afrig.

Mark Charlton sal voortaan Noord-Kaap se hoofafrigter wees. Foto: Verskaf

Noord-Kaap het Donderdag bevestig dat hy vir Deon Carolus en Baakier Abrahams op die kortlys om die pos as hoofafrigter geklop het.

Carolus was die afgelope seisoen die waarnemende afrigter van Noord-Kaap, terwyl Abrahams, ’n voormalige afrigter van Suidwestelike Distrikte, die hulpafrigter van die Warriors was.

Charlton (39) het by Noordelikes vier trofeë in sy sewe seisoene as die span se afrigter gewen.

Hy was in 2017 Krieket Suid-Afrika (KSA) se Provinsiale afrigter van die Jaar. Hy was die vorige jaar ook benoem as KSA se Afrigter van die Jaar.

Charlton spog met ’n vlak 4-sertifikaat as afrigter.

Hy was vir drie jaar – tot en met 2019 – die Titans se hoëprestasiebestuurder voor hy weer by Noordelikes oorgevat het.

Hy is net langer as ’n dekade in afrigting betrokke en het in die tydjie ook baie skouers geskuur met spelers van die Titans wat vir die Proteas gespeel het.

Charlton het sy krieket in die Oos-Kaap geleer.

Hy het die Oostelike Provinsie op skool in al die ouderdomgroepe verteenwoordig en het aan Kingswood College gematrikuleer.

Hy het aan die eertydse Universiteit van Port Elizabeth die Suid-Afrikaanse Universiteite verteenwoordig en het met sy skuif na die noorde saam met Pretoria High School Old Boys meer as een keer glorie op die nasionale klubkampioenskap ervaar.

Carolus (42) moes by Noord-Kaap instaan nadat JP Triegaardt by die Knights gaan uithelp het en toe later as hulpafrigter by dié franchise aangestel is. Triegaardt is met die nuwe struktuur van provinsiale spanne intussen ook as die Vrystaat se hulpafrigter aangestel.

Meer oor:  Krieket  |  Noord-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.