Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Cobras bekroon draaibalbouler George Linde
George Linde was die seisoen ’n uitblinker vir die Cape Cobras. Foto: Gallo Images

Die veelsydige draaibalbouler George Linde het drie pryse gewen tydens die Cape Cobras se jaarlikse toekenningsgeleentheid.

Weens inperking was daar nie vanjaar die gebruiklike dinee nie.

Linde is as Vierdag-, die Spelers se Speler- en die Speler van die Jaar aangewys.

Ashwell Prince, die Cobras se breier, het al die wenners gelukgewens.

“Ofskoon ons ’n teleurstellende seisoen beleef het, was daar ’n hele klomp goeie individuele vertonings.”

Dit was ’n skitterende seisoen vir Linde. Hy was nie net suksesvol vir die Cobras nie, hy het ook sy toetsbuiging in Indië gemaak.

Cobras se wenners:

Opkomende Speler: Thando Ntini

Vierdagspeler: George Linde

Eendagspeler: Zubayr Hamza

Spelers se Speler: George Linde

Speler van die Jaar: George Linde – Sportredaksie

Meer oor:  Ashwell Prince  |  George Linde  |  Kaapstad  |  Cape Cobras  |  Seisoen  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.