Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Cobras kry Protea om Kyle te vervang

Die voormalige Protea-paaltjiewagter Mangaliso Mosehle gaan vir die res van die plaaslike krieketseisoen vir die Cape Cobras speel.

Die Cape Cobras se nuwe aanwins, Mangaliso Mosehle. Foto: Getty Images

Mosehle was die Paarl Rocks se paaltjiewagter toe hulle die Mzansi-superliga in Desember verlede jaar gewen het.

Die Cobras was op soek na ’n paaltjiewagter om Kyle Verreynne se plek te neem.

Verreynne is tans deel van die Protea-span wat teen Australië speel en binnekort na Indië vertrek.

Faiek Davids, die Cobras se hulpafrigter, is opgewonde oor die aanwins.

“Mangi is een van die min ervare paaltjiewagters wat beskikbaar is in Kyle se afwesigheid. Hy kan in die toporde kolf en daar is geen twyfel dat hy baie bedrewe agter die paaltjies is nie,” sê Davids.

Mosehle is beskikbaar om Saterdag vir die Cobras in die plaaslike eendagstryd teen die Knights in Oudtshoorn te speel.

Mosehle het in 2017 in sewe T20-wedstryde vir die Proteas gespeel. Hy het tot onlangs vir KwaZulu-Natal Binneland gespeel en is ook vroeër vanjaar deur die Dolphins ingespan.

Meer oor:  Krieket  |  Kyle Verreynne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.