Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kwotaherrie: ‘KSA weet al lankal’
Nabeal Dien, uitvoerende hoof van die Cobras, wat nou bontstaan omdat hul meerdagspan nie vandeesweek aan die transformasie-teiken vir spelers wat etnies swart is, voldoen het nie. Foto: Gallo Images

Nabeal Dien, uitvoerende hoof van die Cape Cobras, sê hulle het drie dae voor die vierdagwedstryd teen die Warriors op Nuweland aan Krieket Suid-Afrika (KSA) verduidelik waarom hulle net twee, in plaas van die vereiste drie spelers van kleur, vir dié kragmeting gekies het.

Hy beskik oor korrespondensie met verskeie betrokkenes by KSA, wat Thabang Moroe, uitvoerende hoof, Corrie van Zyl, waarnemende direkteur van krieket, en Max Jordaan, transformasie-bestuurder, insluit.

Die Cobras was volgens hom onder die indruk hulle kon voortgaan daarmee ná hul korrespondensie met KSA.

“Hulle het nie nee gesê nie,” sê Dien.

Slegs Thando Ntini en Tladi Bokako, albei naatboulers, het toe die Cobras se elftal gehaal vir die kragmeting wat Maandag begin het. Dít het wenkbroue laat lig by krieketlui en veral die res van die franchises, wat drie swart spelers inspan, soos verlang.

Dean erken Matthew Kleinveldt se beurt van 175 lopies verlede week teen die Dolphins het dit moeilik gemaak om hom weg te laat.

RANCHI, INDIA - OCTOBER 21: Zubayr Hamza of South
Zubayr Hamza. Foto: Gallo Images

“Ons moes tweedens ook plek maak vir die drie Proteas (wat teruggekeer het uit Indië), Dane Piedt, George Linde en Zubayr Hamza. Ons help KSA boonop om hulle speelkans te gee (met die oog op toetskrieket).”

Dien verduidelik daar is ’n verskil tussen teikens en kwotas. Hulle strewe na die teikens wat die beheerliggaam wil hê, terwyl kwotas, ander as teikens, iets is wat afdwingbaar is.

Hy sê hulle speel in die wedstryd steeds met sewe spelers van kleur (waarvan twee etnies swart is) en dat transformasie steeds gedien word met die besluit, sowel as krieket self.

Die ander franchises sal dié verwikkeling natuurlik sien as ’n presedent wat nou geskep is en sal die nadraai daarvan met groot belangstelling volg.

Vroeër die dag het die mediabeampte Thamie Mthembu aan espncricinfo.com gesê KSA gaan ’n verdere ondersoek na die kwessie lei.

Dien sê egter hulle was van Vrydag af al daagliks in kontrak met betrokkenes van die beheerliggaam, wat toe al daarvan geweet het.

Maar ons is bereid om te gaan verduidelik as ons moet.
Nabeal Dien

“Maar ons is bereid om te gaan verduidelik as ons moet.”

Dien het ook onthul ’n voorstel van die franchise-breiers onlangs, dat teikens soos by die Proteas oor ’n tydperk moet geld en nie per wedstryd nie, dalk nog deur KSA aanvaar kan word.

Meer oor:  George Linde  |  Dane Piedt  |  Kaapstad  |  Kwotas  |  Cape Cobras  |  Meerdagreeks  |  Krieket  |  Ksa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.