Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Cobras leen Beuran nie aan Lions

Kaapstad. – Die krisis in die Cobras-kleedkamer het verdiep toe dié krieketunie ’n stokkie gesteek het voor Beuran Hendricks se planne om, soos twee van sy spanmaats, vir die res van die plaaslike T20-reeks vir ’n ander span te speel.

Daar was die afgelope week hardnekkige gerugte dat dié hotklou-snelbouler hom as ’n leenspeler by die Lions sou aansluit in ’n poging om meer speelkans te kry. Dít nadat Omphile Ramela en Dane Piedt hulle pas by onderskeidelik die Lions en die Titans aangesluit het.

Rapport verneem die Lions se belangstelling in die 26-jarige Hendricks, wat die Proteas reeds in vyf blitswedstryde verteenwoordig het, is vinnig deur die Cobras-base geblus.

Hendricks (26) het nog nie in een van die Kapenaars se ses wedstryde in die plaaslike reeks gespeel nie en staan duidelik agter naatboulers soos Rory Kleinveldt, Dane Paterson en Wayne Parnell in die tou.

Hendricks is glo deel van ’n groep spelers wat ongelukkig is met die afrigter Paul Adams en wat vroeër vanjaar ’n griefskrif teen Adams by die Westelike Provinsie-krieketunie ingedien het.

Daarin eis die spelers dat Adams afgedank word weens sy powere onlangse wenrekord en sy beweerde swak bestuur van die span.

Na verneem word, is Ramela en Piedt aan die spits van die veldtog om van Adams ontslae te raak.

Dié ontevredenheid in die kleedkamer het reeds na die veld oorgespoel met die Cobras wat nog net een wedstryd in alle kompetisies van die plaaslike seisoen kon wen.

Volgens Nabiel Dien, uitvoerende hoof van die Cobras, bly Hendricks egter deel van die Cobras se planne en is sy versoek om hom by die Lions aan te sluit gevolglik geweier.

“Beuran het gevra of hy speelkans gaan kry, want daar was belangstelling van die Lions. Daar is egter ’n rotasie-beleid wat ons gaan instel en hy (Hendricks) gaan nêrens,” het Dien by navraag gesê. – Leighton Koopman

Meer oor:  Beuran Hendricks  |  Lions  |  Cobras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.