Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Cobras ‘sal nou as eenheid voortgaan’
Beuran Hendricks

Die onmin in die Cape Cobras-krieketkamp die laaste ruk sal nie dié span ontspoor nie.

Die links-snelbouler Beuran Hendricks het Donderdag dié versekering gegee.

Hy het by Momentum se hoofkantoor in Centurion gesels oor die onmin wat daar heers tussen van die Cobras-spelers en hul afrigter, Paul Adams.

“Ek is een van die spelers wat in die afrigter se kamp is en gelukkig en tevrede is met hoe hy dinge doen. Ek steun vir Paul en het nog nooit ’n probleem met hom gehad nie,” sê Hendricks.

“Van die ouens het net gevoel hulle het iets nuuts nodig en wil iemand met vars idees hê. Die situasie is nou besleg en ek glo almal is tevrede en oorgehaal vir die seisoen.

“Ek is bly die situasie is opgelos en dat ons nou weer op ons krieket kan konsentreer.

“Ek voorsien glad nie dat daar tweespalt in die span gaan wees tussen die ouens wat Paul steun en die ander nie. Ons sal as ’n eenheid funksioneer en ons is ’n span wat selfs deur moeilike omstandighede bymekaar staan.”

Volgens Hendricks haal “ek my hoed af vir Paul vir die manier hoe hy al hierdie dinge hanteer het. Hy het dinge nooit té persoonlik en ernstig opgeneem nie en deurentyd kalm gebly.

“Daar is tog sekere dinge waarop hy kan verbeter, maar daar moet onthou word hy is nog ’n jong afrigter wat ook maar leer wat dié taak behels.

“Ek het nog altyd gevind dat ek maklik met hom oor dinge kon praat en hy was nog altyd meer as gretig om my as speler by te staan.”

Hendricks glo die besluit om Ashwell Prince en die eertydse swaaibouler Alan Dawson te kry om Adams by te staan wat die afrigting betref, is ’n uitstekende stap.

“Veral iemand soos Ashwell sal sy taak soveel makliker maak deur met die kolwers te werk.”

Die 26-jarige Hendricks, wat die afgelope twee jaar deur beserings gekortwiek is, sê hy voel 100% fiks.

“Ons het juis nou die dag gespot dit is die eerste keer in drie jaar wat ek beskikbaar is om in September te kan speel.

“Ek kan voel my vaart is besig om terug te kom. Ek gaan nie enige druk op myself plaas deur té hoë verwagtinge van die seisoen te koester nie.

“Vir my sal dit goed genoeg wees as ek net met elke wedstryd kan verbeter.”

Meer oor:  Krieket  |  Cobras  |  Paul Adams  |  Beuran Hendricks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.