Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Cook moenie in laaste toets speel’

Die voormalige Engelse krieketspeler en -afrigter David Lloyd sê die uittredende aanvangskolwer Alastair Cook moenie ’n laaste toets teen Indië gegun word nie.

Cook het onlangs aangekondig dat hy uit internasionale krieket gaan tree ná die vyfde toets teen Indië, wat Vrydag op die Oval in Londen begin.

Alastair Cook. Foto: Getty Images

Dié veteraan van 160 toetse het ’n kolfgemiddelde van 44 lopies in die langer weergawe van die spel, maar kon in sewe beurte in die huidige reeks nie meer as 30 moker nie.

Sy mede-aanvangsmaat Keaton Jennings sukkel self met die kolf.

“Cook was ’n wonderlike speler vir Engeland, ’n rots,” het Lloyd op Twitter geskryf.

“Hy sê ‘sy tenk is leeg’. Ek kan persoonlik nie sien hoekom hy by die Oval speel nie, kry dadelik ’n nuwe kêrel in sy plek.”

Die Engelse keurders het hulle egter nie gesteur aan Lloyd se kommentaar nie en Cook en Jennings behou in die groep vir die toets, terwyl die middelorde-kolwer Ollie Pope en Chris Woakes ook weer betrek is.

Die veelsydige Moeen Ali is al voorheen as aanvangskolwer deur Engeland ingespan, maar dis onwaarskynlik dat hy weer met dié verantwoordelikheid toevertrou sal word.

Engeland het die reeks verlede week in Southampton beklink en loop met 3-1 voor. – Sportredaksie

Meer oor:  Alastair Cook  |  David Lloyd  |  Indië  |  Toetskrieket  |  Angeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.