Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Cook wil weer vriende word met KP

Alastair Cook, wat tans teen Indië in sy laaste kriekettoets vir Engeland speel, hoop hy kan sy verhouding met sy voormalige spanmaat Kevin Pietersen herstel.

Alastair Cook en Kevin Pietersen, toe hulle nog op goeie voet was, vier ’n oorwinning in die eerste toets om die As in Nottingham in 2013. Foto: Getty Images

Hulle het die afgelope vier jaar nie met mekaar gepraat nie nadat Pietersen, ná 2014 se rampspoedige reeks om die As in Australië, gepos is.

Engeland is in daardie reeks met 0-5 afgeransel en Pietersen is toe daarvan beskuldig dat hy ’n ontwrigtende invloed in die span was.

“Ek het sedertdien nog nie weer met hom gepraat nie, maar ek dink die verloop van tyd help baie om verhoudings te herstel,” het Cook in ’n onderhoud met BBC Radio gesê.

“Ons het baie tyd saam deurgebring en deel in wonderlike herinneringe. Ons het ook nooit met mekaar baklei nie. Dis ’n gerug wat op die internet begin is. As jy krieket uit die prentjie haal, het ons nooit probleme met mekaar gehad nie. Ek’s seker hy sal ’n ander mening hê.”

Cook het wel toegegee dat hy betrokke was in die besluit om vir Pietersen te pos, maar voeg by hy het nie die laaste sê gehad nie.

“Ek sal enigiemand verkeerd kan bewys as hulle sê ek’s die een wat hom gepos het. Ek was wel geken in die besluit en het in daardie tydstip gedink dis die regte een,” sê Cook.

“As ek nou terugkyk, kan ek sê dat ek die Engelse krieketspan se beste belange op die hart gedra het in al my besluite. Met elkeen was daar egter mense bo my wat betrokke was.” – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.