Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Covid-19: Engelse weier om blad te skud

Joe Root, kaptein van Engeland se krieketspan, sê sy spelers sal in ’n poging om die Covid-19-virus te vermy nie op hul toer na Sri Lanka bladskud nie.

Joe Root (regs) sê sy spelers gaan nie bladskud op Engeland se toer na Sri Lanka nie. Foto: Getty Images

The Telegraph berig Root is Maandag oor die koronavirus uitgevra terwyl die Engelse span voorberei om op sy toer van twee toetse te vertrek.

Die kolwer sê die spelers sal mekaar groet deur hul vuiste teen mekaar te stamp, eerder as om hande te skud.

Die Engelse was voor en ná afloop van die eerste toets op hul onlangse toer na Suid-Afrika deur ’n reeks gastroënteritis-probleme en griep platgetrek.

“Ons is deeglik bewus van die belangrikheid om kontak te beperk ná die siektes wat ons groep in Suid-Afrika geteister het. Ons mediese span het ons sedertdien goeie, oordeelkundige raad gegee oor hoe om die verspreiding van kieme en bakterieë te voorkom,” sê Root.

“Ons skud nie mekaar se hande nie, maar gebruik eerder die bekende vuisstamp, terwyl ons gereeld hande was en oppervlakke afvee met antibakteriese doekies en jel wat aan ons in ons immuniteit-pakkies verskaf is.

“Daar is geen aanduiding dat die toer beïnvloed sal word nie, maar dit is uiteraard ’n deurlopende kwessie, so ons is in noue kontak met die owerhede en volg hul advies. Maar in hierdie stadium verwag ons dat die toer sal voortgaan soos beplan.”

Engeland het twee jaar gelede in Sri Lanka met 3-0 geseëvier, maar Root verwag hierdie keer ’n taaier uitdaging.

“Die toestande sal weens dié tyd van die jaar van ons toer so ’n bietjie anders wees,” sê hy.

“Ons het respek vir hoe goed hulle speel in hul eie toestande en ons verwag ’n taai aanslag.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Toetskrieket  |  Joe Root  |  Proteas  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.