Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Covid-19 kan vrouekrieket uithardloop

Weens die finansiële impak van die Covid-19-pandemie kan vrouekrieket dit moeilik vind om beleggers na die spel te lok, waarsku ’n Engelse ringkop.

Engeland se Danni Wyatt in aksie by die T20-Wêreldbeker-toernooi in 2020 in Australië. Foto: Getty Images

Meer as 80 000 toeskouers het vroeër vanjaar die eindstryd van die T20-Wêreldbeker-toernooi, wat in Melbourne, Australië, beslis is, bygewoon. Dit was ’n duidelike teken dat die gewildheid van vrouekrieket toeneem. Maar toe slaan die koronavirus toe en was wedstryde nie moontlik nie.

Om sake te vererger, is die Wêreldbeker in eendagkrieket wat vroeg in 2021 beslis moes word, met ’n jaar uitgestel. Nou het Clare Connor, direkteur van vrouekrieket in Engeland, gewaarsku dat indien spanne nie in die volgende 12 maande gereeld in internasionale wedstryde slaags is nie, spanne kan sukkel om kop bo water te bly.

“Dit is ’n bron van kommer,” het Connor aan BBC Sport gesê.

“Sommige rade (lande se beheerliggame) sal in die volgende jaar begin sukkel – as hulle nie reeds sukkel nie. Die bekommernis is dat sommige rade nie in staat sal wees om dieselfde vlak van finansies, fokus en verbintenis te toon as wat die geval met die Engelse en Walliese Krieketraad en nog een of twee ander is nie.”

Engeland se vrouespan meet tans kragte teen die Wes-Indiese Eilande in ’n T20-reeks van vyf wedstryde. Die Aussies is ook terug op die veld en het Nieu-Seeland Saterdag in ’n T20-kragmeting in Brisbane geklop.

“Die persepsie bestaan dat vrouesport swaarder getref word (deur die virus) as wat die geval met die mans is. Dit het my bekommer, maar terselfdertyd gemotiveer om te verseker dat dit nie die geval is nie,” sê Connor.

“Ses maande gelede was vrouekrieket op almal se lippe. Ek is seker dit sal terugkeer . . . hoewel daar baie moet gebeur voordat ons weer by daardie punt is. Maar ek is regtig trots op wat ons die afgelope ses maande bereik het.” – Reuters

Meer oor:  Vrouekrieket  |  Engeland  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.