Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Covid-19 knip SA A-toer in Zim kort
Ryan Rickelton Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse A-krieketspan sal Woensdag na Suid-Afrika terugkeer nadat die tweede vierdagwedstryd teen Zimbabwe A in Harare afgelas is.

Die kragmeting het Sondag begin, maar is nie Maandag voortgesit nie nadat alle sportaktiwiteite in die lig van die stygende getal Covid-19-gevalle in die buurland opgeskort is.

Zimbabwe Krieket (ZC) het Maandag ’n versoek aan die owerhede gerig om die wedstryd te voltooi. Dinsdag is verneem die wedstryd is toe afgelas.

Suid-Afrika se naasbestes het die eerste van die twee vierdagwedstryde met ’n beurt en 166 lopies gewen en het die eendagreeks vroeër met 3-1 beklink.

Ryan Rickelton het ’n baie goeie toer met die kolf beleef. Hy het sy 224 lopies in die vier eendagwedstryde met beurte van 109 en 92 in die twee meerdagwedstryde opgevolg. – Sportredaksie

Meer oor:  Zimbabwe  |  Sa A-Krieketspan  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.