Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Covid-19-reëls hou Marnus in Wallis

Steve Smith, David Warner en Pat Cummins is almal by Australië se groep van 23 spelers ingesluit vir hul witbaltoer na die Wes-Indiese Eilande, maar daar is geen Marnus Labuschagne nie.

Die Suid-Afrikaans-gebore Labuschagne is uit die groep gelaat weens reisbeperkings te midde van die Covid-19-pandemie.

Marnus Labuschagne reis nie saam met die Aussies na die Karibiese Eilande nie. Foto: Getty Images

Die kolwers Smith en Warner en snelbouler Cummins tel onder sewe spelers wat by Maandag se groep ingesluit is, wat die toer na Nieu-Seeland in Maart misgeloop het omdat hulle reeds gekies is vir die toetsreeks in Suid-Afrika voordat die toer deur Krieket Australië (KA) gekanselleer is.

Dié drietal was op ’n huurvlug van die Maledives wat Maandag in Sydney geland het nadat ’n groep van 40 Aussies na die uitgestelde Indiese Premierliga (IPL) eers op dié eiland moes oorbly voordat hulle kon terugkeer. Australië se grense was gesluit vir Indië.

Labuschagne sal nie saam Smith-hulle na die Karibiese Eilande reis nie. Hy sal in Wallis bly waar hy vir die graafskapspan Glamorgan speel, weens “die logistieke uitdagings daaraan verbonde om uit Brittanje by die span aan te sluit, en kwarantynmaatreëls daarna,” sê KA in ’n verklaring.

“Enigiemand wat vir Marnus ken, verstaan hy sal enigiets gee om vir Australië te speel en hy is baie ontsteld om die reeks mis te loop weens omstandighede buite enigiemand se beheer,” sê Trevor Hohns, die hoofkeurder.

Enigiemand wat vir Marnus ken, verstaan hy sal enigiets gee om vir Australië te speel en hy is baie ontsteld om die reeks mis te loop weens omstandighede buite enigiemand se beheer.
Trevor Hohns

“Ons het deur verskeie opsies gewerk in gesprekke met Marnus om ’n werkbare oplossing te kry, maar die uiteinde was dat dit meer prakties vir hom is om Brittanje te bly.

“As ons nie in die middel van ’n wêreldwye pandemie was nie, sou Marnus op dié toer gewees het.”

Die veelsydige speler Daniel Sams, wat in April positief vir die koronavirus getoets is voordat hy aan die IPL deelgeneem het, het gevra om weens “gesondheids- en welstandredes” nie oorweeg te word nie.

Australië sal in Julie drie eendagwedstryde in Barbados en vyf T20-wedstryde in St. Lucia speel. Die Proteas speel ook in Julie in vyf T20-wedstryde teen die Windies in die Karibiese Eilande.

KA sê hy bespreek die moontlikheid van ’n witbaltoer na Bangladesj ná die reekse in die Windies.

Volgens die beheerliggaam sal al Australië se spelers teen die virus ingeënt word voor hul vertrek na die Karibiese Eilande in Junie.

Groep: Aaron Finch, Ashton Agar, Jason Behrendorff, Alex Carey, Pat Cummins, Josh Hazlewood, Moises Henriques, Mitchell Marsh, Glenn Maxwell, Riley Meredith, Josh Philippe, Jhye Richardson, Kane Richardson, Tanveer Sangh, D’Arcy Short, Steven Smith, Mitchell Starc, Marcus Stoinis, Mitchell Swepson, Andrew Tye, Matthew Wade, David Warner, Adam Zampa. – Reuters

Meer oor:  Marnus Labuschagne  |  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket  |  Covid-19  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.