Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Covid ry Malan se Engeland-plan in wiele
Janneman Malan maak skouers oop in verlede maand se Solidarity Cup-wedstryd in Centurion. Foto: Gallo Images

Die koronavirus-pandemie het die Engelse graafskap Leicestershire met geen ander keuse gelaat as om die Protea-kolwer Janneman Malan se kontrak te kanselleer nie.

Volgens ’n verklaring het Leicestershire saam met Malan en sy verteenwoordiger alles moontlik probeer doen om die 24-jarige vir die komende T20-Blast (Engeland se T20-liga) in Engeland te kry. Visum- en reisprobleme weens die pandemie het egter ’n stokkie daarvoor gesteek.

Daar is nou ooreengekom dat die Cape Cobras-kolwer weer vir die 2021-seisoen ’n kontrak met Leicestershire sal probeer sluit.

Leicestershire se uitvoerende hoof, Sean Jarvis, het dié verwikkeling as “ ’n groot slag” vir die graafskap bestempel.

Malan het sy eendag-debuut vroeër vanjaar vir die Proteas gemaak en in slegs sy tweede wedstryd in Bloemfontein ’n onoorwonne 129 lopies teen Australië geslaan.

Hy is nou deel van die Proteas se kultuurkamp, wat Dinsdag begin het en tot Saterdag in Skukuza sal duur. – TeamTalk

Meer oor:  Janneman Malan  |  Graafskap  |  Proteas  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.