Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Covid-19 steek stokkie voor IPL-stryd

Maandag se Indiese Premierliga-wedstryd tussen die Royal Challengers Bangalore en die Kolkata Knight Riders (KKR) is uitgestel nadat twee KKR-spelers positief vir die koronavirus getoets is.

Eoin Morgan (links), kaptein van die Kolkata Knight Riders, sal nie meer sy span Maandag op die veld teen die Royal Challengers Bangalore lei nie. Foto: IPL

Die draaibalbouler Varun Chakaravarthy en die naatbouler Sandeep Warrier is positief getoets in die derde ronde van toetse in die laaste vier dae, het die IPL in ’n verklaring gesê.

“Al die ander spelers van KKR is negatief getoets,” lui die verklaring.

“Lede van die KKR sal nou daagliks getoets word om ander moontlik positiewe gevalle op te spoor.”

Die IPL het nog nie aangekondig wanneer dié wedstryd nou gespeel sal word nie.

Luidens berigte in Indië het Chakaravarthy die spanne se bioborrel verlaat om ’n skandering van sy skouer te doen. Hy is toe daarna positief getoets.

Meer as 300 000 mense is Sondag in Indië positief getoets vir Covid-19 – die 12de dag agtereenvolgens dat daar meer as 300 000 nuwe infeksies was. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.