Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Covid-19 stuit vir eers SA A-wedstryd

Die tweede vierdagwedstryd tussen Suid-Afrika A en Zimbabwe se naasbestes kon nie gister op die tweede dag voortgesit word nie nadat alle sportaktiwiteite in die buurland in die lig van die stygende getal Covid-19-gevalle opgeskort is.

Zimbabwe Krieket (ZC) het egter ’n dringende versoek aan die owerhede gerig om die wedstryd in Harare te voltooi en om ook met sy voorbereiding vir sy komende toere voort te gaan.

ZC wys daarop dat hy vroeër plaaslike en internasionale toernooie binne ’n bioborrel suksesvol aangebied het.

SA A het gister teen laatmiddag nog gewag op nuus van ZC oor die wedstryd, wat geskeduleer is om tot môre duur.

Die toerspan het die eerste van die twee vierdagwedstryde met ’n beurt en 166 lopies gewen.

SA A het Sondag op die eerste dag van die tweede wedstryd 282 lopies in sy eerste beurt aangeteken. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Sa A  |  Zimbabwe  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.