Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Daar is nog hoop, glo Boucher
Dit is nie hoe Suid-Afrika Maandag vir Faf du Plessis sal wil sien nie – op pad uit ná ’n flou kolfbeurt. Foto: Getty Images

Dit gaan baie, baie moeilik wees, maar ons sal mik vir ’n oorwinning.

Dit was Sondagaand die woorde van Mark Boucher, die afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan, oor krieket se weergawe van die berg Everest wat oor die volgende twee dae op sy span wag om die toetsreeks teen Engeland gelykop te laat eindig.

’n Wêreldrekord-teiken van 466 lopies wag op die Suid-Afrikaners indien hulle die merkwaardigste sege in die 143-jarige geskiedenis van toetskrieket wil behaal.

Kom ons wees nou maar eerlik: Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ’n beter kans om aangewys te word as die mees dinamiese Suid-Afrikaanse maatskappye die afgelope dekade as wat Faf du Plessis se span het om as wenners uit die vierde toets te tree.

Die hoogste suksesvolle teiken wat nog op die Wanderers gejaag is, is 310 deur Australië in die seisoen van 2011/12.

Die hoogste suksesvolle teiken wat nog op die Wanderers gejaag is, is 310 deur Australië in die seisoen van 2011/12. Suid-Afrika se hoogste suksesvolle jaagtog is die 414 wat hy in 2008 in Perth teen die Aussies behaal het.

Engeland, wat ’n voorsprong van 217 lopies in die eerste beurt gehad het, het 248 in hul tweede beurt gekry en dus wag die massiewe 466 nou as teiken.

Tog het Boucher die front voorgehou van ’n aartsoptimis.

Mark Boucher
Mark Boucher Foto: Gallo Images

“Daar is genoeg tyd vir ons om te kan wen. Die lopietempo gaan nie ’n faktor wees nie. Ons moet positief bly en glo dit kan gedoen word.

“Ek is ook positief daaroor dat sommige van ons kolwers bestem is om groot beurte te speel. Ons moet ons selfvertroue ’n hupstoot gee,” het Boucher gesê.

“Dit is toetskrieket en ons gaan deur moeilike tye. Daar was onlangs donker tye vir ons krieket en ook in dié reeks, maar die ouens probeer hul bes. Dit was tot dusver ook nog nie ’n goeie toets vir ons nie, maar almal is bereid om dié laaste twee dae alles in te sit met die kolf. As ons selfs net daarin kan slaag om uit te hou tot laat op die laaste dag, sal dit spesiaal wees,” meen Boucher.

“Vir my is dié ’n nuwebal-blad en gaan veral die eerste 30 beurte baie belangrik wees. As ons dit kan oorleef en hul boulers begin frustreer, kan vreemde dinge gebeur.

“Ons gaan ook nie te voortvarend wil wees nie. Faf sal as ons leier uitstap en veg soos nog nooit nie. Die tafel is vir hom gedek dat hy groot lopies in dié beurt kan opstapel,” het ’n geesdriftige Boucher gesê.

Faf sal as ons leier uitstap en veg soos nog nooit nie. Die tafel is vir hom gedek dat hy groot lopies in dié beurt kan opstapel.
Mark Boucher

Die Protea-bouler Vernon Philander se boultyd in toetskrieket het op ’n suur noot geëindig toe hy ’n graadtwee-dyspierbesering opgedoen het nadat hy net nege balle afgestuur het.

Boucher sê Philander sal wel kan kolf indien dit nodig sou wees.

Die Engelse hotklou-aanvangsbouler, Sam Curren, erken sy span is in ’n baie sterk posisie.

Volgens hom bring veral Mark Wood, wat vyf paaltjies in Suid-Afrika se eerste beurt geneem het, met sy aggressie heelwat energie na die span.

“Met die lopies wat ons het om mee te speel, kan ons as boulers aggressief wees. Selfs al oorleef hulle die nuwe bal, sal ons genoeg tyd hê om ’n tweede nuwe te neem en dan skade aan te rig,” sê Curren.

“Ons moet egter ook geduldig wees en nie sommer net al môre (vandag) wil klaarmaak nie. Ons sal een paaltjie op sy tyd moet vat en die paaltjies moet aanval,” glo hy.

Meer oor:  Plessis  |  Mark Boucher  |  Faf Du  |  Engeland  |  Johannesburg  |  Krieket  |  Toets  |  Wanderers  |  Dag 4  |  Proteas  |  Rekord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.