Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dale en Kagiso op koers, sê Protea-breier

Die Proteas se twee aanvalswapens, Kagiso Rabada en Dale Steyn, is op koers om fiks te wees vir die Wêreldbeker-krieketstryd teen Engeland aan die einde van die maand.

Ottis Gibson, die Proteas se afrigter, het Dinsdag met die media in Kaapstad gepraat. Sy span het Maandag in die Moederstad saamgetrek om hul finale voorbereiding vir die Wêreldbeker-toernooi te begin.

Kagiso Rabada. Foto: Gallo Images

Die Proteas het Tafelberg Maandag uitgeklim en vertrek Woensdagoggend na Pretoria waar hulle sal begin met die voorbereiding.

Hulle begin die toernooi met ’n stryd teen die gasheer en groot gunsteling om die toernooi te wen, Engeland, op 30 Mei op die Oval in Londen.

Die drie Proteas wat Sondag in die eindstryd van die IPL in Hyderabad gespeel het – Faf du Plessis, Imran Tahir en Quinton de Kock – het Maandagmiddag by die span aangesluit.

“Die ouens lyk goed en bly om mekaar te sien nadat ons vir ’n ruk op ’n klomp verskillende plekke was,” sê Gibson.

Rabada (rug) en Steyn (skouer) het albei weens beserings aan vanjaar se Indiese Premierliga onttrek. Die twee boulers is sleutelfigure in Suid-Afrika se wedstrydplan aangesien die Proteas op sy boulwerk gaan staat maak om sukses te probeer haal.

’n Span soos Engeland konsentreer eerder op sy lang en aggressiewe kolflys.

Ek besef dat Morris nie oorspronklik in die uitsoekgroep was nie, maar hy was altyd goed genoeg om die groep te haal.
Ottis Gibson

Gibson het ook gesê hy is opgewonde om speler soos Chris Morris in die WB-groep te kan verwelkom.

Morris het verlede week die beseerde Anrich Nortjé in die groep vervang.

“Ek besef dat Morris nie oorspronklik in die uitsoekgroep was nie, maar hy was altyd goed genoeg om die groep te haal. Jy kan net 15 spelers kies,” sê Gibson.

“Morris is ’n baie goeie naatbouler en ek is vol vertroue dat hy Nortjé se skoene vol kan staan in dié hoedanigheid. Mense dink aan hom as ’n veelsydige speler. En hy is een, maar hy is ook ’n baie goeie naatbouler.”

Gibson het ook sy simpatie met die Nortjé uitgespreek. Die blitsbouler het verlede week sy hand beseer terwyl hy in die binnenshuise nette in Port Elizabeth gekolf het.

“Hy is teen die planke, maar ek het hom herinner dat daar steeds ’n buitekans is dat hy nog ’n impak kan maak.”

Gibson het gesê dat Nortjé dalk as ’n plaasvervanger betrek kan word as een van die boulers aan die einde van die toernooi beseer sou word.

“Die WB-eindstryd is oor 8 weke van nou af en die mediese span het gesê dat Anrich tussen vier en ses weke buite aksie behoort te wees.

“As hy betyds sou herstel van die besering, sal hy op die gereedheidslys gaan,” het die breier gesê.

Meer oor:  Dale Steyn  |  Wêreldbekerkrieket  |  Kagiso Rabada  |  Chris Morris  |  Proteas  |  Ottis Gibson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.