Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dale kan ná afwesigheid in Pakistan speel
Dale Steyn. Foto: Gallo Images

Die Protea-snelbouler Dale Steyn sal vir die eerste keer in 13 jaar krieket in Pakistan speel as een van die franchises in die Pakistan-superliga, ’n T20-reeks, hom opraap.

Die 36-jarige Steyn is volgens thenews.com.pk een van ses Suid-Afrikaners in die platinum-kategorie.

Die spelerstrekking word vroeg in Desember voltooi.

AB de Villiers is nie vir ’n tweede agtereenvolgende jaar beskikbaar nie.

Hashim Amla, JP Duminy, Colin Ingram, Rilee Rossouw en Imran Tahir is die ander Suid-Afrikaners onder die groep oorsese spelers wat geregistreer is in die platinum-kategorie.

Die toernooi word volgende jaar in Februarie en Maart beslis. – Sportredaksie

Meer oor:  Dale Steyn  |  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.