Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
'Dale se blitsballe hoogtepunt'
Gerald Coetzee vier die paaltjie van Quinton de Kock in ’n wedstryd in die Mzansi-liga. Foto: Gallo Images

Die drie aflewerings wat hy getrotseer het van sy kleintydse held Dale Steyn, was ’n toppunt vir die jong Gerald Coetzee in sy eerste “senior krieketseisoen’’.

Die Knights se belowende voorslagbouler het in die Mzansi-superliga (MSL) kans gekry om met die grotes van die spel om te gaan toe die Jozi Stars hom as plaasvervanger betrek het.

“Een van die grootste hoogtepunte van my seisoen was om Dale Steyn te kon trotseer toe ons teen hulle (Cape Town Blitz) in die Kaap gespeel het.”

Dit was ook sy eerste MSL-wedstryd.

Dit was vir my, jô, ek kan nie veel onthou nie en ek weet nie rêrig hoe om dit te beskryf nie.
Gerald Coetzee

“Dit was vir my, jô, ek kan nie veel onthou nie en ek weet nie rêrig hoe om dit te beskryf nie. Dis soos hier boul jou held nou vir jou, dit was ongelooflik,’’ sê die 19-jarige Coetzee, wat met al drie die aflewerings geklop is.

Quinton de Kock in die klere van die Cape Town Blitz

Om die paaltjie van nog ’n Protea-ster, Quinton de Kock, in dieselfde wedstryd te kon kry, was een van sy ander hoogtepunte van sy seisoen.

Die tiener was eers weens ’n dyspierbesering wat hy die MSL opgedoen en toe weens ’n toonbesering saam met die Suid-Afrikaanse o.19-span vir lank uit aksie, waarna Covid-19 die plaaslike seisoen kortgeknip het.

Hy het egter in die eerste vier wedstryde van die plaaslike meerdagreeks aan die begin van die seisoen gewys waarom hy so hoog aangeskryf word.

“Dit was nou nie die seisoen soos ek dit beplan het nie. Dit is soos dit maar gaan in ons sport.

“Ek het gevoel my seisoen het baie goed begin met die die vierdagreeks wat ek verskriklik geniet het.’’

Coetzee het sy eersterangse buiging met die Knights se eerste wedstryd teen die Warriors in Kimberley gemaak enkele dae ná sy 19de verjaardag.

Hy het met 17 paaltjies in sy eerste vier wedstryde gespog, wat ’n beste boulontleding van 4/53 in sy buiging ingesluit het. Hy het ook sy eerste eersterangse vyftigtal (59*) teen die Titans in Bloemfontein aangeteken.

Hy is toe ná twee MSL-wedstryde beseer en daar was aanvanklik twyfel of hy gereed sou wees vir die o.19-Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika.

Coetzee het sy terugkeer in ’n wedstryd vooraf met 3/19 in ses boulbeurte teen Indië se jonges op Kingsmead gevier. Hy het in dié wedstryd op ’n kol syfers van 3/3 gehad.

Coetzee het sy terugkeer in ’n wedstryd vooraf met 3/19 in ses boulbeurte teen Indië se jonges op Kingsmead gevier. Hy het in dié wedstryd op ’n kol syfers van 3/3 gehad.

Coetzee, wat die toernooispan in die vorige o.19-WB in 2018 in Nieu-Seeland gehaal het, was toe uiteindelik net in twee van jong Proteas se WB-wedstryde in aksie.

’n Sny aan sy linkergroottoon ná die eerste wedstryd teen Afganistan in Kimberley het hom uitgehou tot die kwarteindstryd teen Bangladesj in Potchefstroom, waar die gasheer uitgeskakel is.

Hy was daarna nie weer in aksie nie, maar glo hy sal beter en sterker aan die ander kant uitkom.

* Coetzee is ingesluit in die nasionale akademie, wat gewoonlik in die winter saamtrek, maar met die Covid-19-pandemie het die spelers nog nie finale reëlings daaroor ontvang nie.

Meer oor:  Dale Steyn  |  George Coetzee  |  Johannesburg  |  Krieket  |  Jozi Stars  |  Snelbouler  |  Msl  |  Tiener  |  Proteas  |  Held
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.