Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dale se WB-deelname hang in weegskaal
Dis nog onseker of Dale Steyn vanjaar só in die Wêreldbeker-toernooi gesien sal word. Foto: Gallo Images

Dit is nog te vroeg om te voorspel of Dale Steyn betyds fiks gaan wees om saam met Suid-Afrika na Engeland te reis vir die Wêreldbeker-toernooi, sê ’n woordvoerder van die Proteas.

“Hy geniet tans ’n blaaskans van vyf dae voordat hy met rehabilitasie sal begin,” sê die woordvoerder.

Steyn het verlede week na Suid-Afrika teruggekeer uit Indië nadat ’n ou besering in sy regterskouer weer opgevlam het tydens ’n wedstryd vir die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga (IPL).

Hy het sedertdien ’n spesialis gesien, het Linda Zondi, die sameroeper van die keurkomitee, Maandag bevestig.

As Steyn nie betyds herstel nie, sal die Proteas ’n plaasvervanger in sy plek vir die skouspel moet kies. Zondi wou nie verklap wie die spelers is wat op ’n gereedheidsgrondslag geplaas is nie.

Die afsnydatum vir veranderinge aan ’n Wêreldbeker-groep is 23 Mei. Die Proteas vertrek reeds die 19de na Brittanje, ná ’n weeklange oefenkamp wat op 12 Mei begin.

“Ons het darem nog tyd,” sê Zondi.

Volgens hom sal Steyn steeds saam met die Proteas saamtrek wanneer hul oefenkamp oor twee weke begin.

Daar sal die medici, die afrigter (Ottis Gibson) en die boulspan na hom kyk en ’n finale besluit neem.
Linda Zondi

“Daar sal die medici, die afrigter (Ottis Gibson) en die boulspan na hom kyk en ’n finale besluit neem.”

Steyn het twee wedstryde vir die Royal Challengers in die IPL gespeel nadat hy as ’n plaasvervanger opgeroep is. Hy het goed vertoon en met syfers van 2/29 en 2/40 in sy twee wedstryde geëindig.

Steyn se skouer gee ’n geruime tyd lank reeds probleme. Hy het ’n ernstige fraktuur in sy regterskouer opgedoen in ’n toets teen die Aussies Doer Onder in 2016.

Daardie besering het hom vir meer as ’n jaar buite aksie gehou en hy het verlede jaar eers sy terugkeer gemaak.

Hy, Lungi Ngidi, Kagiso Rabada en Anrich Nortjé is die spesialis-snelboulers in die Proteas se WB-groep.

Beuran Hendricks, Dane Paterson, Chris Morris, Junior Dala en selfs Lutho Sipamla en Vernon Philander is almal kandidate om hom in die groep te vervang, sou Steyn nie sy fiksheid betyds herwin nie.

Meer oor:  Dale Steyn  |  Linda Zondi  |  Johannesburg  |  Snelbouler  |  Wereldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.