SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Krieket
Dale skitter vir die Blitz in Durban

Toe die reën uiteindelik wegbly uit Durban, het die Heat en Cape Town Blitz kookwaterkrieket op Kingsmead opgedis.

Die Heat se eerste twee wedstryde kon weens slegte weer nie plaasvind nie, maar die Durbanse skare is Sondag tot ’n naelbytstryd getrakteer.

Wihan Lubbe in sy spogbeurt. Foto: Gallo Images

Hul span kon egter net-net nie oor die wenstreep kom nie en die Blitz het met 10 lopies gewen.

Dít danksy skitterende boulwerk deur die veteraan Dale Steyn (2/23 in vier boulbeurte).

Die Heat was goed op koers na die teiken van 175, met die nr. 3-kolwer Wihan Lubbe wat met ’n beurt van 83 (42 balle, 7x4, 5x) uitgeblink het.

Steyn het hom egter in die 15de boulbeurt uitgekry. Dié sneller het ook van die gevaarlike Engelsman Alex Hales ontslae geraak.

Dale Steyn vier die paaltjie van die Engelsman Alex Hales. Foto: Gallo Images

Wahab Riaz (1/24 in vier bbe.) en Sisanda Magala (1/30 in vier bbe.) het daarna die skroewe in die doodsnikbeurte aangedraai en die Heat het op 164/7 geëindig.

In die Blitz se beurt het Marques Ackerman (43 van 34 balle) en Asif Ali (43 van 26 balle) die Kapenaars gehelp om by hul totaal van 174/6 uit te kom. – Sportredaksie

Meer oor:  Dale Steyn  |  Mzansi-Superliga  |  Cape Town Blitz  |  Durban Heat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.