Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dale vier terugkeer met 3 paaltjies
06 September 2018

Die Protea-snelbouler Dale Steyn het met sy terugkeer tot die krieketveld ná ’n geringe liesbesering 3/25 in ’n Engelse graafskapwedstryd laat kantel.

Dale Steyn. Foto: Getty Images
Dean Elgar Dinsdag in aksie in Engeland. Foto: Getty Images

Danksy Steyn se bydrae het Hampshire die tuisspan, Worcestershire, tot ’n skamele 120 lopies in sy eerste beurt beperk. Hampshire het vroeër 190 aangeteken.

Keshav Maharaj, Suid-Afrika se eerstekeuse-toetsdraaier, was ook op sy stukke en het op ’n droë blad in Taunton 4/65 vir Lancashire teen Somerset laat kantel.

Somerset se draaier Jack Leach het nog beter gevaar en Lancashire met 5/28 en 7/74 in die moeilikheid geboul.

Lancashire kon net 99 en 107 in sy twee kolfbeurte bymekaarskraap. Die tuisspan het vroeër 192 in sy eerste beurt aangeteken.

Dean Elgar, die Proteas se toetsaanvangskolwer, het Surrey, voorloper in die graafskapkampioenskap, met 75 lopies gehelp om 351 in sy eerste beurt aan te teken in Chelmsford. Sy landgenoot Simon Harmer, ‘Kolpak-draaier van Essex, het hom geboul. – Sportredaksie

Meer oor:  Danksy Steyn  |  Dean Elgar  |  Surrey  |  Hampshire  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.