Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dané skitter wéér vir Protea-vroue

’n Uitmuntende veelsydige vertoning deur sy besielende kaptein het die Protea-vrouekrieketspan tot ’n oorwinning met sewe lopies in sy eerste eendagwedstryd teen Sri Lanka Maandag in Potchefstroom aangevoer.

Dané van Niekerk het haar eerste internasionale eendaghonderdtal aangeteken en haar span sodoende gehelp om ’n telling van 225/7 in hul 48 boulbeurte op te stapel.

Die Protea-vrouespan se kaptein, Dané van Niekerk, vier haar honderdtal in die eerste eendagwedstryd Maandag teen Sri Lanka in Potchefstroom. Foto: Gallo Images

Van Niekerk, wat op nr. 4 ingestap het, se beurt van 102 het 117 balle in beslag geneem en vyf viere en ’n ses ingesluit. Sy is verlede week as die Speler van die Reeks in die T20-reeks aangewys, waar sy ook met uitstekende kolf- en boulvertonings vorendag gekom het.

Sy is Maandag goed bygestaan deur die 22-jarige aanvangskolwer Andrie Steyn.

Steyn het ’n beurt van 75 (100 balle; 5x4, 1x6) gespeel.

Met die bal was Van Niekerk ook skitterend. Sy het twee paaltjies vir slegs 26 lopies in haar tien beurte laat kantel.

Sri Lanka se Shashikala Siriwardene (49, 56 b; 1x4) en Prasadani Weerakkody (47, 67 b; 6x4) het albei goeie beurte gespeel, maar die Proteas se telling was eenvoudig ’n berg te hoog om uit te klim – al het Sri Lanka naby aan die teiken gekom op die einde. Paaltjies het met reëlmaat deur die besoekers se beurt getuimel.

Die Sri Lankane het 218/9 in hul 48 beurte bereik.

Benewens Van Niekerk, het Masabata Klaas goed geboul en drie paaltjies vir 46 lopies in haar sewe boulbeurte geëis.

Die 21-jarige Tumi Sekhukhune het twee paaltjies vir 33 lopies in haar tien beurte platgetrek.

Die tweede wedstryd word Donderdag, ook in Potchefstroom, beslis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.