Die voormalige Protea-naatbouler Daryn Dupavillon het gister in Durban sewe paaltjies platgetrek in sy eerste wedstryd in nege maande.

Daryn Dupavillon. Foto: Gallo Images
Dupavillon (26) het 7/38 geneem in die Knights se eerstebeurt-totaal van slegs 116 lopies teen die Dolphins.
Die Knights, die verdedigende kampioen, is op koers na ’n tweede agtereenvolgende nederlaag nadat hulle verlede week teen die Lions ook hul rieme styf geloop het.
Dupavillon het op 7 Maart ’n eendagwedstryd vir Suid-Afrika teen Australië in Potchefstroom gespeel.
Sy insluiting ’n week later vir die Dolphins teen die Lions was sy laaste wedstryd voor inperking en hy het die afgelope vier weke drie rondes van meerdagwedstryde misgeloop.
Die Dolphins het na die eerste dag 169/7 met die uitskeityd bereik, ’n voorsprong van 53 lopies.
TELKAART