Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
De Kock verwag min draai in T20-reeks

Hy glo nie die blaaie in Indië gaan in die T20-reeks uitermatige draai inhou nie, sê Quinton de Kock, wat die Proteas in dié reeks sal aanvoer.

Die eerste van drie T20-wedstryde word Sondag in Dharamsala beslis.

Quinton de Kock gaan die Proteas in hul drie T20-wedstryde teen Indië aanvoer. Foto: Getty Images

“Ons ken die Indiese ouens. Hulle is baie mededingend, veral in hul eie toestande. Dit is taai vir enige span om soontoe te gaan en te wen, maar ons sal ons beste doen, dis vir seker,” het De Kock voor die span se vertrek na Indië gesê.

“Ek dink die T20’s sal op goeie blaaie gespeel word. Dit kan moontlik wedstryde met hoë tellings wees.

“In die T20’s sal die bal nie soveel draai nie. Ons het in die Indiese Premierliga gesien die T20-blaaie is goed, so draai behoort nie ’n groot rol te speel nie.

“In die toetse kan dit ’n ander storie wees, die bal kan al van dag een af draai. Dan is dit ’n sielkundige saak, op hierdie vlak weet almal hoe om teen draaiers te kolf. Dit gaan eenvoudig oor jou ingesteldheid.”

In 2015 het Indië toetsblaaie voorberei wat uitermatige draai gebied het. De Kock sê die span is nou beter voorbereid op sulke toestande.

“Ons verwag die onvoorspelbare ná die vorige toer. Ek weet nie of hulle soortgelyke blaaie gaan voorberei en of hulle beter blaaie gaan voorberei nie,” sê hy.

“Ons gaan wel voorberei vir die ergste. Die vorige keer het die ouens nie verwag die blaaie gaan só swak wees nie. In daardie opsig het ons ’n voorsprong.

“Ek dink Indië sal wel beter blaaie voorberei, want hulle het nou ’n beter snelaanval as die vorige keer.”

Wat ouderdom betref, is ek self nog jonk. Ek kan wel probeer om die bietjie ervaring wat ek het, na die jonger ouens oor te dra.

De Kock sien uit na die uitdaging van kapteinskap en sê hy sal kers opsteek by ander ervare spelers soos Rassie van der Dussen en Temba Bavuma as hy raad nodig het.

“Wat ouderdom betref, is ek self nog jonk. Ek kan wel probeer om die bietjie ervaring wat ek het, na die jonger ouens oor te dra,” sê hy.

“Ons het wel senior spelers soos Rassie en Temba en ek sal na hulle kyk vir ondersteuning as ek taai besluite moet neem of raad nodig het.

Die verhouding tussen hom en die waarnemende spandirekteur, Enoch Nkwe, is ook goed.

“Ek en Enoch het al voorheen saamgewerk, sedert o.19-vlak. Ons het ’n goeie verstandhouding en ons werk goed saam.”

* Intussen het Indië sy toetsgroep Donderdag bekend gemaak.

Die 20-jarige aanvangskolwer Shubman Gill, wat die Indiese ‘A’-span Donderdag tot ’n sege in die eerste vierdagwedstryd teen Suid-Afrika ‘A’ aangevoer het, is in KL Rahul se plek by die groep ingesluit.

Indië se toetsgroep: Virat Kohli (k), Mayank Agarwal, Rohit Sharma, Cheteshwar Pujara, Ajinkya Rahane, Hanuma Vihari, Rishabh Pant (pw),Wriddhiman Saha (pw), Ravichandran Ashwin, Ravindra Jadeja, Kuldeep Yadav, Mohammed Shami, Jasprit Bumrah, Ishant Sharma, Shubman Gill.

Meer oor:  Quinton De Kock  |  Indië  |  T20  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.