Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Proteas t, Windies: Dean se raad aan Kyle

“Bly vervelig.”

Dít was Dean Elgar se raad aan die jong Kyle Verreynne terwyl dié twee kolwers Suid-Afrika se beurt herbou het op dag een van die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande in St. Lucia.

Kyle Verreynne tydens sy beurt in die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande. Foto: Cricket West Indies

Verreynne het hom by sy kaptein aangesluit toe die Proteas op 37/3 in die knyp was op die eerste oggend van die toets. Die Windie-boulers was stert in die lug en het die bal kwaai deur die lug laat swaai.

Elgar (77, 237 balle) en Verreynne (27, 89 b) het die storm trotseer en die Proteas uit die moeilikheid gekolf met ’n vennootskap van 87 lopies. Toe Verreynne net voor tee uit is, met die Proteas se telling op 124/4, was die ergste verby. Krisis afgeweer.

“Die kolftoestande was nogal taai,” het Verreynne ná die dag se spel gesê.

“Ek weet nie of julle ouens op die TV kan sien nie, maar daar was ongure weer in die ronde en die begin van die toets is ook weens reën vertraag. Die blad het dus geen sonlig gesien nie en was ‘klewerig’.

“Daar was in die oggend baie swaai en ná middagete het die blad vinniger geraak. Hulle het ’n baie vaardige boulaanval en gebruik die Dukes-bal tot hul voordeel. Hulle het dit moeilik gemaak om lopies aan te teken.”

Hy en Elgar het gereeld tydens hul vennootskap gepraat en die kaptein het die 24-jarige kolwer herinner om niks vreemds te probeer nie; om net “vervelig” te bly.

“Ek is eintlik ’n kolwer wat vrylik lopies aanteken, maar ek het in die eerste toets (toe hy ná ’n los kaphou vir 6 lopies uit is) gesien dít is nie die manier om te speel op hierdie blaaie nie,” sê Verreynne.

“Die gesprekke met Dean het my regtig gehelp. Ek het in die week hard daaraan gewerk om by dié toestande aan te pas, en om ’n paar van die houe wat ek gereeld speel, weg te bêre.

“Dean het my aan daardie netsessies herinner. Ek moes myself beperk en op die proses fokus.”

Suid-Afrika het die eerste dag op 218/5 afgesluit, met Quinton de Kock (59*, 103 b) en Wiaan Mulder (2*, 13 b) voor die penne.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Kyle Verreynne  |  Windies  |  Dean Elgar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.