Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Derde Australiese sportbaas loop

Kevin Roberts, Krieket Australië (KA) se uitvoerende hoof, het ná maande se kritiek oor sy leierskap tydens die Covid-19-pandemie bedank.

Kevin Roberts. Foto: Getty Images

Earl Eddings, dié beheerliggaam se voorsitter, het Dinsdag bevestig dat Nick Hockley in sy plek sal waarneem tot ’n opvolger aangestel is.

Hoewel Eddings laat blyk het dit was ’n wedersydse ooreenkoms tussen die partye, het hy ook gesê KA wou ’n nuwe leierskapstyl hê en dat die opvolger ook sterk kommunikasievaardighede moet hê.

“Kevin het sy bedanking ingedien en ons het dit aanvaar. Ons moet nou aanbeweeg.”

Roberts het James Sutherland in Oktober 2018 opgevolg en moes nog 18 maande van sy kontrak uitdien.

Todd Greenberg, uitvoerende hoof van die rugbyliga, en Raelene Castle, uitvoerende hoof van die Australiese Rugbyunie, het ook onlangs bedank.

Die besluit om in April salarisse te besnoei was die begin van die ongelukkigheid onder Roberts.

Die aanbied van die T20-Wêreldbeker-toernooi later vanjaar blyk ook onrealisties volgens Eddings te wees weens reisbeperkings, want hulle moet 16 spanne in Australië kry.

Die toernooi van 18 Oktober tot 15 November word boonop op sewe velde beslis.

Grant Robertson, minister van sport in Nieu-Seeland, het intussen op ’n vraag of die land dalk die gasheer kan wees, gesê dis ’n besluit vir die Internasionale Krieketraad om te neem.

Meer oor:  Krieket  |  Kevin Roberts  |  Bedanking  |  Ka  |  Krieket Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.