Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Derde Titans-stryd ook afgelas

Reën het Vrydag in Potchefstroom die derde agtereenvolgende keer die laaste sê gehad in ’n Groep A-eendagwedstryd.

Die Titans was in al drie wedstryde betrokke en moes ’n soveelste keer hoor daar kan nie gespeel kon word nie omdat die buiteveld te nat is nadat hul herontmoeting met die Knights Vrydag ook in die slag gebly het.

Reën en ’n nat buiteveld het Vrydag in Potchefstroom weer die laaste sê gehad in die kragmeting in die plaaslike eendagreeks tussen die Titans en Knights. Dit was die derde keer dié week dat geen spel moontlik was nie. Foto: Gallo Images

Die skeidsregters, Abdoellah Steenkamp en Abongile Sodumo, het bevind die speelveld is te sag en dat die speeltoestande te gevaarlik vir die spelers is.

Die twee spanne se eerste wedstryd kon Maandag ook nie gespeel word nie.

Ditto Donderdag se wedstryd tussen die Titans en die Dolphins.

Die Dolphins is met een wedstryd oor met 11 punte seker van die eerste plek in Groep A.

Die Titans (5) en die Knights (4) se lot sal Saterdag met die laaste Groep A-wedstryd tussen die Dolphins en Knights bepaal word.

As daar weer nie gespeel kan word nie, sal die Knights as die tweede span in die groep tot die halfeindronde deurdring.

Die Dolphins kan met die wete dat hulle eerste in die groep sal bly, van die spelers inspan wat nie in hulle twee voltooide wedstryde in aksie was nie.

Hul afrigter, Imraan Khan, het vandeesweek gesê hulle wil seker maak hulle eindig eerste in die Groep omdat die groepwenners in die eindstryd sal speel as die halfeindstryde nie gespeel kan word nie.

Die drie spanne in Groep B sal dit van 22 tot 30 Januarie ook in Potchefstroom uitspook.

Meer oor:  Titans  |  Eendagreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.