Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dhoni mis toer, sluit by weermag aan

Die voormalige Indiese krieketkaptein MS Dhoni sal sy span se toer na die Wes-Indiese Eilande misloop om hom by sy militêre regiment aan te sluit.

MS Dhoni is gekritiseer vir sy stadige kolftempo in die Wêreldbekertoernooi in Engeland. Foto: Getty Images

BBCSport berig die paaltjiewagter-kolwer is ’n ere-luitenant-kolonel van die reserwemag in Indië se sogenaamde Territorial Army, 'n valskermregiment.

Daar is toenemend spekulasie oor sy toekoms in die spel en die Wêreldbekerwenner in 2011 sal die volgende twee maande in sy land se weermag, eerder as op die krieketveld, diens doen.

Die Indiese Krieketbeheerraad (BCCI) was vinnig om te bevestig dat Dhoni se dae met die handskoene nie getel is nie.

“MS Dhoni tree nie nou uit krieket uit nie,” sê ’n senior beampte van die BCCI.

“Hy het hom nie verkiesbaar gestel vir die toer na die Windies nie omdat hy twee maande saam met sy militêre regiment gaan deurbring.”

Die 38-jarige veteraan van 350 internasionale eendagwedstryde het gesukkel met sy spelpeil in Indië se onsuksesvolle Wêreldbekerveldtog waar die span in die halfeindronde uitgeskakel is.

Hy het destyds in 2014 sy uittrede uit toetskrieket aangekondig.

Die toer begin op 3 Augustus.

– Sportredaksie

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Ms Dhoni  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.