Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dié nasionale krieketspelers elders ingespan

Nasionale spelers wat Krieket Suid-Afrika (KSA) gekontrakteer het en met tye “oorbodig” by hul franchises is, sal dalk voortaan in die plaaslike T20-reeks aan ander franchises toegesê word.

Hoewel die wedstrydprogram vir volgende seisoen nog nie bekragtig is nie, word verneem dat die Proteas die komende seisoen vir ’n groot deel van die T20-reeks vir hul franchises beskikbaar gaan wees.

Die spanne gaan ook weer internasionale spelers tot hul beskikking hê, terwyl kwotavereistes spelers ook soms langs die kantlyn kan dwing.

Die Dolphins het met Kevin Pietersen daar die afgelope seisoen aanvanklik nie plek gehad nie vir die veelsydige Ryan McLaren en hy is toe aan die Knights geleen.

Dis in dié stadium nog net ’n voorstel, maar na verneem word, wil betrokkenes sien dat nasionale spelers, wanneer hulle beskikbaar is, speelkans kry al is dit nou by ’n ander franchise.

Voorts is in wandelgange ook gehoor dat daar twee bykomende spanne in die T20-reeks gaan wees.

Bogenoemde sal ook in die ondersoek wat KSA gelas het na plaaslike krieket weer ter sprake kom.

KSA het die dienste van die firma EY, onder leiding van Michael Lalor, direkteur van strategie, aangestel om die ondersoek te behartig.

’n Groot groep belanghebbendes was vroeër vandeesmaand by ’n werksessie betrokke, terwyl die uitvoerende hoofde van die franchises verlede week ook by ’n sessie betrek is.

Onder die span waarmee Lalor gaan werk, is daar KSA-administrateurs, ’n gewese Protea-speler, ’n franchise-afrigter en -kaptein, nasionale keurders, ’n krieketskrywer, asook Tony Irish, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca).

Onderhoude en werksessies met verskeie aandeelhouers in die spel, wat spelers, afrigters, kommentators en die media insluit, gaan gehou word.

Die ondersoek sal na verwagting voor die begin van die seisoen voltooi wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.