Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dié saak boaan nuwe IKR-hoof se agenda

Greg Barclay, nuwe voorsitter van die Internasionale Krieketraad (IKR), sê sy eerste en belangrikste taak is om te verseker dat dié beheerliggaam se groot toernooie oor die volgende drie jaar gaan plaasvind.

Greg Barclay, nuwe voorsitter van die Initernasionale Krieketraad. Foto: Getty Images

Daar sal ernstige finansiële gevolge vir die beheerliggaam en die spel wêreldwyd wees as die toernooie nie kan plaasvind nie.

Die IKR is vanweë die Covid-19-pandemie reeds gedwing om drie van sy wêreldtoernooie uit te stel en Barclay, wat Dinsdag in die pos bevestig is, sê dat hulle die toernooie moet aanbied tydens die huidige uitsaaikontrakte.

“Ons moet die opkomende sowel as uitgestelde wêreldtoernooie aanbied,” sê Barclay.

“Nie net om krieketredes nie, maar daar is belangrike sakeredes ook.”

Die huidige uitsaaikontrakte kom in die middel van 2023 tot ’n einde.

Die T20-Wêreldbeker-toernooi (T20-WB) vir mans, wat vanjaar in Australië sou plaasvind, is tot volgende jaar aangeskuif, die Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Nieu-Seeland in 2021 is uitgestel tot 2022 en die T20-WB vir vroue wat in 2022 in Suid-Afrika sou plaasvind, sal nou eers in 2023 beslis word.

Ons moet aanhou om te verseker dat dit ’n sport vir almal is. Ons moet aanhou om vir gelykheid te streef

“As ons nie al die toernooie aanbied nie, sal ons ingevolge die bestaande uitsaaikontrakte gepenaliseer word en nie die volledige inkomste ontvang nie,” sê Barclay.

“As dit gebeur, sal die IKR nie in sy eie programme kan belê nie en ook nie die nodige betalings aan lidlande kan maak nie.

Barclay het Imran Khwaja, die tussentydse voorsitter, vervang. Khwaja was sedert Julie in die pos nadat Shashank Manohar van Indië, die voormalige voorsitter, se termyn verstryk het.

Barclay, ’n prokureur, het as Nieu-Seeland se verteenwoordiger vir die laaste ses jaar op die IKR-raad gedien.

Hy glo die bevordering van vrouekrieket is een van sy ander belangrike take.

“Ons moet aanhou om te verseker dat dit ’n sport vir almal is. Ons moet aanhou om vir gelykheid te streef,” sê Barclay. – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Ikr  |  Internasionale Krieketraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.