Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dié spelers beïndruk teen Pakistan
Aiden Markram was een van die ligpunte in die onlangse T20-reeks teen Pakistan. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika het topordekolwers in oorvloed en ’n goeie X-faktor-draaier, maar die diepte in die middel- tot laerkolforde en onder die naatboulers is aan die dun kant.

Dit is tog eintlik moeilik om die span te beoordeel op sy vertoning in die T20-reeks-nederlaag met 1-3 teen Pakistan, aangesien al dié spelers die ganse reeks misgeloop het: Temba Bavuma, Quinton de Kock, Dwaine Pretorius, Faf du Plessis, David Miller, Kagiso Rabada, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé, Reeza Hendricks en Chris Morris en AB de Villiers, wat albei ook nog later vanjaar ’n Protea-rol kan vertolk.

Lizaad Williams het gewys hy het ’n geneigdheid om paaltjies plat te trek. Foto: AP

Rassie van der Dussen was boonop vir die eerste twee wedstryde beseer.

Dit sal nie gereeld gebeur dat die span sonder Rabada, Nortjé, Pretorius én Ngidi hoef klaar te kom nie en die diepte onder die naatboulers is dus nie ’n kwessie wat die breier, Mark Boucher, te veel sal pla nie.

In hul afwesigheid het Sisanda Magala (3 paaltjies in die reeks; boul teen 9.85 lopies per boulbeurt) warm en koud geblaas, Beuran Hendricks (3 paaltjies, 9.5 lopies per beurt) teleurgestel en Lizaad Williams (7 paaltjies, 9.38 lopies per beurt) gewys hy het potensiaal.

Magala het wel heeltemal te veel foutballe op kritieke stadiums afgestuur.

Tabraiz Shamsi (4 paaltjies, 7.40 lopies per beurt) was die bouler, van albei spanne, wat die minste lopies per boulbeurt afgestaan het. Hy is ’n staatmaker in die middelbeurte in T20-krieket.

Janneman Malan het weer sy waarde in kitskrieket uitgestal. Foto: AP

Onder die kolwers het Aiden Markram en Janneman Malan die meeste beïndruk. Markram het 179 lopies teen ’n treftempo van 182.65 geslaan – absoluut besonders.

Malan het 127 lopies aangeteken en teen 135.10 getref. Hulle het goed gekombineer as aanvangsvennootskap en gee vir Boucher ’n lekker kopseer, aangesien sy ideale aanvangspaar Bavuma en De Kock is.

Suid-Afrika het in amper elke wedstryd gesukkel om met die kolf te versnel in die doodsnikbeurte. Miller se terugkeer sal hier baie waardevol wees. Natuurlik ook De Villiers, indien hy wel terugkom.

Boucher het ná die reeks erken daar was ontwrigtings, maar wou nie verskonings soek nie.

“Dit gebeur ongelukkig in sport, daar is beserings en die IPL is daar, wat ons nie kan beheer nie. Ek is die tipe ou wat wil wen met die kaarte wat vir hom uitgedeel is,” sê Boucher.

“Baie van die spelers wat ingekom het, kan hul koppe hoog hou. Hoewel die span verloor het, was daar fantastiese individuele vertonings waarop ons kan trots wees.

Baie van die spelers wat ingekom het, kan hul koppe hoog hou. Hoewel die span verloor het, was daar fantastiese individuele vertonings waarop ons kan trots wees.
Mark Boucher

“Ons kan sien dat die volgende groep spelers nog ongeslyp is, hulle vertoon goed in sekere dele van die wedstryd, maar in internasionale krieket kan jy nie net in dele goed vertoon nie, jy moet ’n afgeronde, goeie vertoning lewer om te wen.

“Dié spelers kan teruggaan en daaraan werk om meer afgeronde vertonings te lewer.”

Meer oor:  Lizaad Williams  |  Mark Boucher  |  Aiden Markram  |  Suid-Afrika  |  Pakistan  |  Krieket  |  Reeksloesig  |  Kolwers  |  Proteas  |  Boulers  |  Veelsydige Spelers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.