Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Die val van KSA se marionette-speler

Krieket Suid-Afrika se magtige maatskappysekretaris, Welsh Gwaza, is die afgelope week afgedank ná ’n tugproses van bykans sewe maande. Luke Alfred neem vyf sleutel-bevindings in die verslag van adv. Terry Motau onder oë.

Afgedank . . . KSA se maatskappysekretaris, Welsh Gwaza.

1. Jacques Faul se kontrak

Toe Jacques Faul as die waarnemende uitvoerende hoof van KSA aangestel is ná Thabang Moroe se skorsing in Desember 2019, was daar verskeie kontraktuele bepalings en voorwaardes waarvan hy aanvanklik onbewus was.

Hy is byvoorbeeld daarvan weerhou om tugstappe teen enige lid van die uitvoerende komitee, wat Gwaza self insluit, te doen.

Hy was aanvanklik ontevrede hieroor, maar is omgepraat om voort te gaan in die waarnemende rol sonder ’n ondertekende indiensnemingskontrak.

Volgens die verslag was Faul verbaas toe hy uitvind die president (Chris Nenzani) en raad het nie van die beperkings geweet nie.

Gwaza het sy mag in die organisasie verder verskans deur die IT-departement opdrag te gee om kommunikasie van bedryfspersoneel na raadslede te blok.

In die laaste drie maande van Faul se termyn kon hy nie per e-pos regstreeks met KSA-raadslede kommunikeer nie, want dit moes eers deur Gwaza gaan.

Gwaza het KSA dus in ’n kommunikasie-“wurggreep” beetgehad en kon die vloei van inligting beheer, ’n modus operandi wat hy ook in ander aspekte van sy werk gevolg het, soos met die voortslepende krisis by Noordwes Krieket.

Oudregter Zak Yacoob, die voormalige voorsitter van die tussentydse raad wat in Oktober aangestel is ná die bedanking van die vorige raad, het op 10 November 2020 aan Gwaza geskryf en gevra of die lederaad die tussentydse raad hof toe gaan vat om die tussentydse raad se aanstelling nietig te laat verklaar.

Gwaza het geantwoord dat hy onbewus is daarvan en bygevoeg Yacoob se versoek is “onvanpas”.

Later het hy gevra vir “volkome, geskrewe vrywaring” vir sy optrede as hy gehoor sou gee aan die tussentydse raad se opdragte.

Yacoob het geantwoord as maatskappysekretaris is sy eerste plig om die nuwe raad te dien.

Dít is deur Gwaza verwerp en hy het vir Yacoob gesê hy sal regsadvies inwin.

Dié onderonsie tussen die twee, die eerste van vele, is afgesluit met Yacoon wat aan Gwaza geskryf het: “Sterkte vir jou, en ek bedoel dit nie regtig nie.”

Gwaza se wurggreep in die organisasie het beteken dat Faul met sy aanstelling ’n personeelkorps aangetref het wie se moreel laag was.

Daar was ’n boeliekultuur, talle het vir hul werk gevrees en byna almal was bang, nie net vir Gwaza nie, maar ook vir die kommersiële hoof, Kugandrie Govender, en die menslikehulpbron-konsultant Chantel Moon.

“Van die drie genoemdes was Govender (se optrede) die grootste bron van kommer vir personeellede,” het Motau bevind.

Moon se kontrak is sedertdien deur die tussentydse raad beëindig en Govender, wat ná Faul se vertrek as uitvoerende hoof waargeneem het, is ook in ’n tugproses gewikkel nadat sy geskors is.

4. Versuim om inligting te deel

Daar was talle redes vir KSA se agteruitgang tydens Gwaza, Moroe en Govender se tydperk “aan die bewind”, maar een daarvan was die voortdurende pligsversuim van Gwaza, het Motau bevind.

Een voorbeeld hiervan hou verband met ’n vennootskap tussen KSA en ’n kommersiële vennoot, Global Sports Commerce (GSC), wat ’n band het met die Mzansi-superliga van 2018.

Gwaza was bewus van belangrike inligting rakende die vennootskap, maar het dit van die raad weerhou.

“Gwaza se wangedrag lê daarin opgesluit dat hy ’n wanvoorstelling gemaak het oor of ’n omsigtigheidsondersoek na GSC gedoen is.”

Nóg ’n voorbeeld hou verband met KSA se besluit om sy ingrypingsreg by die WP-krieketvereniging uit te oefen rakende die ontwikkeling van Nuweland.

Motau het bevind Gwaza het versuim om belangrike inligting aan die KSA-raad te kommunikeer.

Dié pligsversuim het daartoe gelei dat KSA wel by WP ingegryp het, met “nadelige en vernederende” gevolge.

5. Gebrek aan berou

Gwaza se straf kon ligter gewees het, het Motau bevind, as hy berou getoon het. Dit blyk die maatskappysekretaris, wat op Gekkedag in 2019 aangestel is, kon dit nie doen nie.

KSA het klaarblyklik laaste gelag: “Gwaza het ten tyde van die tugproses ’n totale gebrek aan berou getoon en het strykdeur geweier om enige fout aan sy kant te erken.”

Meer oor:  Welsh Gwaza  |  Ksa  |  Adv. Terry Motau  |  Verslag  |  Afgedank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.