Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dié WB-Proteas moet fiksheid bewys
JP Duminy het ná sy skouer-operasie al ’n paar keer vir die Proteas gespeel, maar het die laaste paar weke weer daarop gefokus om dit met spesiale oefeninge sterker te maak. Foto: Gallo Images

Verskeie van die spelers in die Proteas se Wêreldbeker-krieketgroep gaan voor die einde van die maand in die kleure van die Suid-Afrikaanse Akademiespan kans kry om hul fiksheid te bewys.

Lungi Ngidi moet wys dat hy van ’n sybesering herstel het. Foto: Gallo Images

Die snelbouler Lungi Ngidi, wat met ’n sybesering sukkel, toon volgens die spanbestuurder en -dokter, Mohammad Moosajee, goeie vordering en sal hom by die SA Akademie by Tuks aanmeld om deel van die span te wees wat teen Afganistan speel.

Anrich Nortjé, wat ’n skouerbesering het, is volgens Moosajee op op koers wat sy herstel betref, en kan dalk in die derde kragmeting met die Afgane speel.

JP Duminy, een van die ervare hande in die groep en ook een wat nog ten volle van ’n skouer-operasie moet herstel, kan al so vroeg as die eerste twee wedstryde teen Afganistan speel.

Tabraiz Shamsi, wat las het van rugprobleme, behoort reg te wees vir die Wêreldbeker-oefenkamp, wat op 12 Mei begin.

Andile Phehlukwayo (enkel) sou Woensdagaand vir die Dolphins teen die Warriors in die plaaslike T20-Uitdaagreeks gespeel het, maar dié wedstryd is uitgereën.

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.