Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dillon boulkonsultant vir SA vroue

’n Franchise-rekordhouer sal die Suid-Afrikaanse krieketvroue vandeesweek op hul oefenkamp in Pretoria met hul voorbereiding bystaan.

Dillon du Preez (38), voormalige veelsydige voorslagbouler van die Knights, is gevra om ’n boulkonsultant te wees by die hoëprestasiegroep se eerste kamp, wat Maandag begin het.

Die kamp het begin sonder drie betrokkenes nadat spelers en ondersteuningspersoneel soos vereis vir die koronavirus getoets is.

Dillon du Preez / Foto: Gallo Images

Du Preez is voorlopig net vir die eerste week betrokke, het ’n woordvoerder van Krieket Suid-Afrika gesê.

Die tweede oefenkamp begin op 16 Augustus ter voorbereiding vir die Protea-vroue se beoogde toer na Engeland in September.

Du Preez se 55 paaltjies in ’n seisoen is die rekord in die plaaslike meerdaagse franchise-reeks. Dit sal so in die rekordboeke bly staan omdat die formaat van die reeks verander het.

Hy het op sy dag Suid-Afrika in die sesse-toernooi in Hongkong verteenwoordig. Hy het in die Indiese Premierliga vir die Royal Challengers Bangalore en graafskapkrieket vir Leicestershire in Engeland gespeel.

Du Preez is afrigter van Vrystaat se junior en akademiespanne. Hy gaan ook Athens Tiger volgende jaar in Griekeland se Premierliga afrig.

Meer oor:  Vrouekrieket  |  Proteas  |  Vrouesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.