Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Direkteure skok WP met bedankings
Nick Kock, president van die WP Krieketvereniging.

Die Westelike Provinsie Krieketvereniging (WPKV) is Vrydag geskok toe drie van sy direkteure bedank het.

Richard Noor, Suliman Mohamed en Mustaq Brey het WP krieket Vrydag van hul besluit in kennis gestel.

Nick Kock, president van WPKV, het aan Netwerk24 gesê dat die drietal nie redes gegee het vir hul besluit nie.

“Ek wil hulle egter bedank vir hul jarelange bydrae tot krieket in die WP,” sê Kock.

Die bedankings kom slegs agt maande sedert die raad van WPKV onder administrasie geplaas is deur Krieket Suid-Afrika (KSA) vir die beweerde wanadministrasie van die enorme bouprojek by Nuweland.

Die WPKV het KSA hof toe geneem vir arbitrasie, het die saak gewen en is sedert Desember weer in beheer van sake.

Die bouprojek se eerste fase is veronderstel om aan die einde van die jaar klaar te wees, maar daar is vrese dat vanweë die vertragings weens die koronavirus-krisis, dit nie voltooi sal wees nie. – Altus Momberg

Meer oor:  Nick Kock  |  Kaapstad  |  Wpkv  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.