Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dís waarom KSA-direkteur bedank

Die onafhanklike direkteur van Krieket Suid-Afrika wat haar bedanking ingedien het, het verlede week in die Kaap nog gehelp om vir die oud-Proteakaptein Graeme Smith te probeer oorreed om die pos as direkteur van krieket weer te oorweeg.

Die voorblad van ’n boek oor die lewensverhaal van prof. Shirley Zinn.

Gebeure oor die naweek het egter gelei dat prof. Shirley Zinn haar bedanking met onmiddellike ingang ingedien het.

“Die rede vir my bedanking hou verband met die beginsels van korporatiewe bestuur wat nie nagekom word nie,” was die rede wat sy Dinsdag in ’n e-pos verskaf het.

Zinn, Thabang Moroe, die uitvoerende hoof en Chris Nenzani, die president van KSA, was by Smith om vas te stel wat hom nog pla ná sy verklaring vroeër toe hy hom weens bedenkinge onttrek het.

Twee dinge oor die naweek het Zinn geknak en besluit dat sy nie verder so wil aangaan nie.

Eers was daar die nuus dat vyf joernaliste se akkreditasie deur KSA teruggetrek is.

Die laaste strooi vir haar was ’n koerantberig Sondag waarin gestaan het Smith, met wie hulle nog onderhandel, is gereed om die pos op te neem en daar op goeie gesag verneem is dat hy die kontrak gaan onderteken.

Dít was volgens haar onvanpas aangesien Smith nog hoegenaamd nie naby daaraan was om pen op papier te sit nie.

Graeme Smith. Foto: Getty Images

Waar die betrokke publikasie sy inligting bekom het, is onduidelik.

Smith was self nie baie in sy noppies daaroor nie.

Hy het Maandag op Twitter verduidelik waar hy staan.

Die voormalige Protea-kaptein bevestig hy onderhandel steeds met KSA, maar hy is steeds bekommerd oor ’n aantal aspekte rakende die posisie.

“Ek is in teenstelling met mediaberigte nie deur die KSA as direkteur van krieket aangestel nie.

“Ek het, soos voorheen gemeld, my aansoek onttrek.

“Ek is egter in deurlopende besprekings met die KSA, maar ek het steeds ware kommer oor dinge, wat ek aan hulle herhaal het,” het Smith op Twitter geskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.