Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dolphins se Vaughn oorskadu Reeza, Rassie

’n Aanvallende honderdtal deur Vaughn van Jaarsveld het die Dolphins gister in Pietermaritzburg gehelp om ’n onhaalbare teiken aan die Lions te stel in dié spanne se wedstryd in die eendag­reeks.

Vaughn van Jaarsveld op pad na sy honderdtal.

Hoewel die Lions se aanvangskolwer, Reeza Hendricks (130, 117 balle; 12x4, 1x6), teruggeslaan het met ’n puik honderdtal, was die Dolphins se telling van 342/6 eenvoudig ’n berg té hoog om uit te klim.

Die Dolphins het die wedstryd met 19 lopies gewen nadat die Lions 323/9 in hul 50 beurte bereik het.

Die aanvangskolwer, Van Jaarsveld, het die grondslag vir sy span gelê met ’n beurt van 124 (102 b; 14x4, 2x6). Hy is goed bygestaan deur die paaltjiewagter, Dane Villas (81, 94 b; 7x4), met wie hy ’n vennootskap van 203 lopies gedeel het.

Die Protea-verwoester David Miller het sy span verby 300 gevoer met ’n warrelwind-beurt van 74 (van 55 balle; 2x4, 4x6).

Dit was duidelik dat dié teiken ’n groot uitdaging aan die Lions sou stel, maar Hendricks en sy Protea-spanmaat, die Lions-kaptein Rassie van der Dussen, het in ’n stadium stewig gevorder.

Van der Dussen (51, 57 b; 4x4) het sy goeie kolfpeil van die reeks teen Pakistan voortgesit.

Nadat hy uit is, was die Dolphins in volkome beheer.

Drie aanvangskolwers het in die eerste twee wedstryde van die eendagreeks honderdtalle aangeteken.

Die Protea-draaier Imran Tahir het baie lopies afgestaan, maar drie paaltjies, waaronder dié van Van der Dussen, platgetrek. Hy het met syfers van 3/71 in sy tien boulbeurte geëindig.

  • In die Paarl het die Warriors Vrydag hul veldtog goed begin deur die Cape Cobras, danksy ’n honderdtal deur die aanvangskolwer, Gihahn Cloete, met drie paaltjies te klop. Cloete se beurt van 111 van 127 balle (11x4) het die Warriors gehelp om die uitdagende teiken van 277 met een bal in die wedstryd oor en drie paaltjies staande te bereik.

Matthew Breetzke, die 20-jarige Warriors-aanvangskolwer, het ’n beurt van 57 gespeel.

Die Protea-snelbouler Dale Steyn het op Twitter gesê Breetzke, wat vroeër vanjaar tyd saam met die Proteas deurgebring het, herinner hom aan die oud-Aussie-kaptein Ricky Ponting wat tegniek en ingesteldheid betref.

Sinethemba Qeshile, die 19-jarige paaltjiewagter, het sy eendagbuiging met ’n vyftigtal (54, 56 balle) gevier.

Nóg ’n groentjie, die Cobras se paaltjiewagter, Kyle Verreynne (84, 76 b), het uitgeblink in die tuisspan se kolfbeurt.

Die Protea-sneller, Lutho Sipamla, was die Warriors se beste bouler met syfers van 3/50 in sy tien beurte.

Die Warriors en die Dolphins is die gesamentlike verdedigende kampioen nadat hulle die trofee verlede jaar gedeel het.

Vir die Cobras was dit ’n moeilike twee weke, aangesien die Lions ook die meerdagtrofee op die laaste nippertjie voor hul neuse weggeraap het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.