Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dolphins wys hy’s span om te klop

Die Dolphins het Vrydag op Kingsmead sy reputasie as die beste span in die KSA T20-uitdaagtoernooi gestand gedoen.

Die tuisspan het die Titans Vrydagmiddag met 7 lopies geklop en nie net daarmee die gunsteling se toernooi beëindig nie, maar ook sy plek in die eindstryd bespreek.

Die Titans móés dié wedstryd wen om ’n plek in Saterdag se uitspeelwedstryd te verseker. Ná sy nederlaag sal die Lions en die Warriors, wat onderskeidelik tweede en derde op die puntelys geëindig het, nou in die uitspeelwedstryd speel vir die reg om die Dolphins Sondag in die eindstryd te takel.

Die Lions het vroeër Vrydag sy goeie spelpeil met ’n maklike oorwinning van 7 paaltjies oor die Cape Cobras gehandhaaf.

David Miller se ervaring Vrydag teen die Titans op Kingsmead in Durban was goud werd vir die Dolphins. Foto: Gallo Images

Die bepalende wedstryd van die dag was egter dié tussen die tuisspan en die Pretorianers.

Die Dolphins het vir die Titans ’n wenteiken van 152 lopies gestel nadat David Miller met ’n beurt van 49* van 35 b (3x4, 2x6) uitgeblink het.

Die KZN-boulers het daarna ’n rits klippe in die pad gerol om te keer dat die Pretorianers aan die gang kon kom.

Veral die draaier Prenelan Subrayen (0/15) het ’n wurggreep gehad op die Titans, wat slegs 47 lopies in die eerste 10 beurte kon aanteken.

In die tweede helfte van hul beurt het dinge meer vir die span in ligblou gevlot. Met die kaptein, Heinrich Klaasen, (29* van 14 b; 4x4, 1x6) aan die spits het hulle die telbord vinniger laat rol en uiteindelik 22 van die laaste boulbeurt – geboul deur Ottniel Baartmann – gekort.

Daardie laaste beurt het meer drama as al 39 die vorige boulbeurte saam opgelewer.

Grant Thompson het ’n reuse-ses van die eerste bal geslaan voordat hy met die volgende bal uitgehardloop is.

Met drie balle oor het die Titans 14 lopies gekort – en toe raak Baartmann die kluts kwyt en boul ’n foutbal meer as ’n meter aan die bykant wat ook vir vier bylopies gegaan het. Skielik was dit nege van drie balle met ’n vryhou ná die foutbal.

Maar Klaasen het daardie goue kans deur sy vingers laat glip deur die vryhou reguit ná David Miller in die dekke te slaan. Boonop het die kaptein vir ’n lopie gehardloop sodat dit op die skouers van Lizaad Williams, ’n bouler, was om die laaste twee balle vir grenshoue te probeer slaan – sonder sukses.

Dit was twee breinflaters deur Proteas in dieselfde aflewering! Dit is gevolg deur ’n leë bal en toe ’n paaltjie, wat die Dolphins oor die wenstreep gehelp het.

TELKAART

• Die sukkelde Cape Cobras het in die vroeë wedstryd 144/6 danksy goeie beurte deur Christiaan Jonker (44) en Corbin Bosch (32) aangeteken.

Lutho Sipamla (2/27) en die draaiers Bjorn Fortuin (2/29) en Aaron Phangiso (0/19) het goed geboul.

Reeza Hendricks (75 van 59 b; 6x4, 2x5) het toe sy span tot die oorwinning gedra.

TELKAART

Meer oor:  Titans  |  Lions  |  T20  |  Cobras  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.