Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Tiere klop Indië eerste keer in T20-stryd

Mushfiqur Rahim het Sondag in Delhi ’n onoorwonne vyftigtal gemoker om Bangladesj tot sy eerste T20-oorwinning oor Indië in nege wedstryde te help.

Mushfiqur het 60 lopies aangeteken met Bangladesj, wat deur die voormalige Protea-breier Russell Domingo afgerig word, wat die verlangde teiken van 149 gehaal het.

Mushfiqur Rahim. Foto: Getty Images

Bangladesj (154/3) het met drie balle oor met sewe paaltjies geseëvier om met 1-0 voor te loop in die reeks van drie wedstryde.

Die boulers Shafiul Islam en Aminul Islam het albei twee paaltjies ingeoes en het ’n sleutelrol gespeel in Bangladesj se geskiedkundige oorwinning, sy eerste in nege T20-wedstryde.

Die besoekers het gesukkel op 54/2 toe Soumya Sarkar, wat 39 aangeteken saam met Mushfiqur, vir ’n vennootskap van 60 lopies om die derde paaltjie gesorg het.

Soumya is skoongeboul deur die snelbouler Khaleel Ahmed, maar Mushfiqur het oorleef nadat ’n vangkans verbrou is met sy telling op 38.

Hy het vier agtereenvolgende grenshoue gemoker van Ahmed se boulwerk af om Bangladesj voor te kry.

Die kaptein, Mahmudullah Riyad, het hom by Mushfiqur aangesluit en die wenlopies met ’n ses geslaan van die veelsydige Shivam Dube se boulwerk af.

Indië (148/6) het vroeg paaltjies verloor, insluitend dié van sy kaptein, Rohit Sharma, wat been voor betrap is vir slegs nege lopies.

Aminul het toe twee keer toegeslaan om van KL Rahul (15) en Shreyas Iyer (22), die gevaarmanne, ontslae te raak.

Indië se aanvangskolwer Shikhar Dhawan het 41 lopies geslaan, wat drie sesse ingesluit het. – Sportredaksie

Meer oor:  Indië  |  T20  |  Bangladesj
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.