Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Domino’s kan Cobras van verveling red

Netflix, Xbox, PlayStation en boeke tel onder die dinge wat die Cape Cobras se spelers in hul bioborrel in Potchefstroom van verveling moet red.

Die Cobras se afrigter, Ashwell Prince, reken boonop ’n paar tafels sal onder die domino’s deurloop.

Die Cobras, Lions en Warriors bevind hulle tans in Potch in ’n bioborrel om hul groep-verpligtinge in die eendagreeks na te kom.

Die Kapenaars het hul eerste wedstryd Vrydag teen die Lions verloor (hul sesde agtereenvolgende nederlaag), en sal hoop vir ’n beter uitslag in Woensdag se kragmeting met die Warriors.

Die lewe in ’n bioborrel vereis meer afleiding as net krieket – iets waarvoor hulle volgens Prince deeglik voorberei het.

Zubayr Hamza, die kaptein van die Cobras. Foto: Gallo Images

“Ons is reg vir wat wag wanneer ons ’n bietjie tyd het om van krieket af weg te kom,” sê Prince.

“Daar is ouens wat hul Xbox en PlayStation geniet. Persoonlik verkies ek om sokker op die veld te speel. Ek het ook ’n paar boeke en van die ander ouens sal seker ook iets gebring het om te lees.

“Ons het ook speelkaarte en ek wonder of iemand domino’s gebring het. Indien wel, gaan ’n paar tafels harde houe kry daarvan.”

Zubayr Hamza, die kaptein van die Cobras, sê die span het heelwat gepraat oor wat om in die bioborrel te verwag.

“Ons het ’n gesprek met verteenwoordigers van Saca (die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging) gehad oor die protokolle van die bioborrel en wat dit behels.

“Die ouens is voorbereid op wat hulle kan doen om hulself van die veld af besig te hou, maar op die ou einde van die dag is ons hier om krieket te speel.

“Dis goed dat ons as ’n span saam tyd kan deurbring. Dit sal belangrik wees om dinge makliker in die borrel te maak, sodat ’n ou nie alleen voel nie. Veral omdat ons dalk ’n hele tydjie hier kan wees.”

Meer oor:  Potchefstroom  |  Zubayr Hamza  |  Cobras  |  Bioborrel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.