Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Donald beseer: Kent betrek Trott

Die jare van boul en later balle gooi as afrigter het sy tol geëis op die skouer van die voormalige Protea-voorslagbouler Allan Donald.

Dié knaende besering het die voormalige boulafrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan gedwing om dinge vir eers rustiger te vat by Kent, waar hy nou ’n hulpafrigter is.

Die voormalige Engelse toetskolwer Jonathan Trott gaan vir ’n ruk van Donald se take by die graafskap oorneem.

Die voormalige Protea-snelbouler Allan Donald is tans ’n hulpafrigter by Kent in Engeland. Foto: Getty Images

Donald het Maandag uit Engeland laat weet hy hoef darem nie ’n operasie te ondergaan nie.

Hy sal steeds by die span betrokke wees, maar gaan vir ’n ruk nie enige balle gooi nie.

Donald (52) sê dis maar van al die slytasie.

“Ek sukkel al lank met die skouer. Van die spiere het onder meer afgeskeur.”

“Ek het baie seer gehad en het toe besluit om ’n skandering te ondergaan. Die uitslae het gewys ek sal maar moet ophou vir ’n rukkie.

“Ek is nog saam met die span. Ek kan vang en ek kan balle slaan. Ek kan net vir ses tot agt weke glad nie gooi nie,” sê Donald.

“Ek het ’n inspuiting gekry by die spesialis en gaan dit nou maar stadigaan weer sterker kry. Dit voel reeds beter, maar ek sal dit dag vir dag vat.

Ek sukkel al lank met die skouer. Van die spiere het onder meer afgeskeur.
Allan Donald

“Jonathan doen op die oomblik niks en ons het besluit om hom in te kry vir die eendagreeks, wat Woensdag hier teen Hampshire begin. Hy sal vanaand in Canterbury aankom.

“Hy gaan help gooi, want tans gooi ons hoofafrigter (Matt Walker) alleen balle vir die kolwers.

“Dit sal van ’n kolfoogpunt – met sy bewese vertoningslys by Engeland en Warwickshire – ook lekker wees om hom byderhand te hê. Die feit dat die ouens van sy kennis kan tap, sal dit lekker maak om hom in die omtrek te hê.”

* Trott (37), ’n gebore Suid-Afrikaner, het 52 toetse en 68 eendagwedstryde vir Engeland gespeel. Hy het sy internasionale uittrede in 2015 aangekondig en in September verlede jaar as speler uitgetree.

Meer oor:  Allan Donald  |  Beseer  |  Kent  |  Jonathan Trott
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.