Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Donald sien uit om Knights se tieners te brei

Allan Donald kan nie wag om die Knights se drie jong snelboulers onder sy vlerk te neem nie.

Dié blits is in Oktober terug in sy destydse kriekettuiste. Die Proteas se voormalige boulafrigter wat tans by Kent as breier betrokke is, gaan die Vrystaat en Knights se krieketspanne vir ’n maand as konsultant bystaan.

Allan Donald sal sy kennis tydelik met die Knights se boulers deel. Foto: Gallo Images

Hy is opgewonde oor die vooruitsig en sien veral uit om met die drie belowende tienerboulers te werk wat by die Knights en Vrystaat gekontrakteer is.

“Ek gaan die Vrystaatse en Knights-spanne in Oktober met hul voorbereiding vir die seisoen bystaan,” sê die 52-jarige Donald.

“Ek sien baie uit daarna om veral daardie tweelingmannetjies (Marco en Duan Jansen) te sien en dan ook om met Gerald Coetzee saam te werk. Ek sien baie uit om met die drie mannetjies te werk.”

Coetzee, wat die SA Skolekaptein was, en Marco Jansen het aan die einde van verlede seisoen reeds vir die Knights gespeel.

Die 18-jarige Coetzee was verlede jaar ’n uitblinker in die o.19-Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland.

Die linkshandige Marco (19) het intussen ook vir die SA o.19-span gespeel. Hy het in ’n japtrap goeie opgang tot in die Suid-Afrikaanse A-span gemaak.

“Pite (van Biljon, kaptein van die Knights) het my gevra om ’n paar dinge te deel met die span. My hoofrol gaan egter wees om al die boulers van die Vrystaatse span en dan ook in die Knights se groep by te staan,” sê Donald.

“Ons gaan ook twee boulkampe aanbied. Ons gaan ’n tweedaagse kamp hê waar al die ouderdomsgroepe van die provinsie van o.13, o.15. o.17 en o.19 betrokke gaan wees.

“Dan gaan daar nog ’n kamp wees saam met al die Vrystaatse afrigters, waar ek ook bystand sal gee.

“Dis ’n baie goeie inisiatief om te kyk waar is ons met die skole se ouderdomsgroepe en wat se talent daar is. Ek dink nie ons doen daardie goed genoeg nie.

“Ek gaan dus redelik besig wees in my tydjie daar. Ek begin op 1 Oktober en is daar tot 1 November.

“Sedert ek by die Proteas betrokke was, is dit heerlik om weer terug te wees in Suid-Afrika en om te kan sien watter talent daar in plaaslike krieket is.”

Meer oor:  Allan Donald  |  Duan Jansen  |  Marco Jansen  |  Knights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.