Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Drie nuwelinge in Protea-toetsgroep
Die linksdraaier Senuran Muthusamy is een van drie nuwelinge in die Proteas se toetsgroep vir die reeks teen Indië. Foto: Gallo Images
Rudi Second is by die Proteas se toetsgroep ingesluit vir hul reeks van drie toetse in Oktober in Indië. Foto: Gallo Images

Drie spelers sonder toetservaring – Anrich Nortjé, Rudi Second en Senuran Muthusamy – is by die Proteas se groep vir die reeks van drie toetse in Oktober teen Indië ingesluit.

Die draaibalbouler Dane Piedt kan ook sy eerste toets sedert 2016 in Indië speel, nadat hy ook by die groep ingesluit is, wat Krieket Suid-Afrika (KSA) Dinsdag bekend gemaak het.

Die snelbouler Nortjé moet straks die skoene van Dale Steyn vol staan nadat dié veteraan verlede week sy uittrede uit toetskrieket aangekondig het. Second sal as die tweede paaltjiewagter saamreis. Quinton de Kock is die eerstekeuse-paaltjiewagter.

Muthusamy is ’n veelsydige linksdraaier.

De Kock is ook as die kaptein van die T20-span aangewys, wat spelers sonder internasionale T20-ervaring soos Temba Bavuma, die veelsydige draaibalbouler Bjorn Fortuin en Nortjé insluit. Rassie van der Dussen is die onderkaptein van die T20-span, terwyl Bavuma Faf du Plessis se adjudant in die toetsreeks sal wees.

Aiden Markram, Theunis de Bruyn en Lungi Ngidi is nie een vir die T20-reeks oorweeg nie, aangesien hulle vir die toetsreeks sal voorberei deur vir die SA A-span in vierdagwedstryde teen Indië se naasbestes te speel.

Chris Morris, wat goed vir die Proteas vertoon het in ’n teleurstellende Wêreldbeker-veldtog, het verkies om homself nie beskikbaar te stel nie.

Al drie die nuwelinge in die toetsspan het hul kleure uit en uit verdien deur indrukwekkende vertonings in verlede seisoen se meerdagreeks.
Corrie van Zyl

“Al drie die nuwelinge in die toetsspan het hul kleure uit en uit verdien deur indrukwekkende vertonings in verlede seisoen se meerdagreeks,” sê Corrie van Zyl, KSA se waarnemende direkteur van krieket.

“Ons voel al die opsies wat vir die toestande in die subkontinent benodig sal word, word gedek met Muthusamy en Dane Piedt, wat die voorste paaltjievraat in die meerdagreeks was. Hulle sal vir Keshav Maharaj dekking bied.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - JANUARY 11: Zubayr Ha
Zubayr Hamza lê die langsteel vir die Proteas in teen Paklstan.

“Zubayr Hamza het ’n indrukwekkende begin tot sy toetsloopbaan teen Pakistan verlede seisoen gemaak en die uittrede van Hashim Amla gee vir hom nog ’n geleentheid.”

Van Zyl sê die T20-reeks gee vir die span ’n kans om na sy leierskap- en kolfopsies te kyk met die T20-Wêreldbeker-toernooi in gedagte. Dié toernooi word volgende jaar in Oktober en November in Australië beslis.

“Ek wil dit duidelik stel dat Faf du Plessis steeds ’n belangrike deel van ons planne in witbalkrieket bly,” voeg hy by.

Die Proteas se drie T20-wedstryde in Indië word op 15, 18 en 22 September beslis. Die drie toetse begin op 2, 10 en 19 Oktober.

Die Protea-toergroep is:

Toetsgroep: Faf du Plessis (k), Temba Bavuma, Theunis de Bruyn, Quinton de Kock, Dean Elgar, Zubayr Hamza, Keshav Maharaj, Aiden Markram, Senuran Muthusamy, Lungi Ngidi, Anrich Nortje, Vernon Philander, Dane Piedt, Kagiso Rabada, Rudi Second.

T20-groep: Quinton de Kock (k), Rassie van der Dussen, Temba Bavuma, Junior Dala, Bjorn Fortuin, Beuran Hendricks, Reeza Hendricks, David Miller, Anrich Nortjé, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Jon-Jon Smuts.

 

Meer oor:  Rudi Second  |  Anrich Nortjé  |  Senuran Muthusamy  |  Suid-Afrika  |  Indie  |  Krieket  |  Ksa  |  Reeks  |  Nuwelinge  |  Proteas  |  Toer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.