Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Droewige oggend vir Proteas

George Linde se eerste toetspaaltjie was een van die min ligpunte op ’n mismoedige oggend vir die Proteas.

Ajinkya Rahane en Rohit Sharma (regs) het ’n vennootskap van 260 lopies om die vierde paaltjie gedeel.Foto: Getty

Linde se paaltjie het ’n einde gebring aan ’n vennootskap van 267 lopies (361 balle) om die vierde paaltjie tussen Rohit Sharma (199* van 242 balle; 28x4, 4x6) en Ajinkya Rahane (115 van 192 balle; 17x4, 1x6).

Indië het 133/1 lopies in die sessie aangeteken en nooit regtig onder druk gelyk nie. Indië was op 357/4 teen middagete.

Waar die Proteas Saterdagoggend voor middagete die hef in die hand gehad het en die kolf male sonder tal geklop het, het die Indiese regterhandse kolwers die boulwerk gemelk en nie eens Kagiso Rabada kon ’n indruk maak nie.

Daar was ’n paar kanse. Anrich Nortjé het amper vir Rahane been voor paaltjie betrap, maar die skeidsregters het nie saamgestem nie. Heinrich Klaasen het ’n goeie stonkkans van Dane Piedt se boulwerk af verbrou.

Andersins was dit eenrigtingverkeer.

Linde het darem vir die een glimlag gesorg. Hy dit reggekry dat ’n bal buite Rahane se wegpen wip. Die kolwer het borand bygekry en Klaasen het ’n goeie vangskoot agter die paaltjies opgeraap.

Meer oor:  George Linde  |  Indië  |  Proteas  |  Toetsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.