Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Duanne nou onder voorste 20 toetsboulers
Duanne OlivierFoto: Gallo Images

Die Proteas se voorslagbouler Duanne Olivier maak steeds goeie opgang op die toetsranglys, maar Suid-Afrika het van tweede na derde onder die toetsspanne uitgesak nadat Sri Lanka met 2-0 teen hom skoonskip gemaak het.

Die 26-jarige Olivier beklee na sy 29 paaltjies die somer, waarvan sewe in die twee toets teen Sri Lanka, ’n top-20-plek na tien toetse.

Hy het ná die toets in Port Elizabeth, waar hy vier paaltjies laat kantel het, tot 19de op die ranglys vir boulers geklim.

Kagiso Rabada (3de) en Vernon Philander (4de) is steeds die enigste Suid-Afrikaners onder die voorste tien boulers.

Aiden Markram speel ’n dryfhou. Foto: Gallo Images

Aiden Markram, Quinton de Kock en Faf du Plessis beklee die agtste, negende en tiende plekke onderskeidelik onder die kolwers.

Sri Lanka het met sy geskiedkundige reekssege 93 punte op die spanne se ranglys verbeter, maar hy bevind hom steeds sesde onder die 12 toetsspelende lande.

Suid-Afrika het vyf punte verloor en het daarmee tot derde uitgesak met Nieu-Seeland wat nou die tweede plek beklee.

Toetsranglyste

Spanne: 1. Indië 116, 2. Nieu-Seeland 107, 3. Suid-Afrika 105, 4. Australië 104, 5. Engeland 104, 6. Sri Lanka 93, 7. Pakistan 88, 8. Windies 77, 9. Bangladesj 69, 10. Zimbabwe 13, 11. Afganistan 0, 12. Ierland 0.

Kolwers (vorige posisie in hakies): 1. (-) Virat Kohli (Ind) 922, 2. (-) Kane Williamson (NS) 897, 3. (-) Cheteshwar Pujara (Ind) 881, 4. (-) Steve Smith (Aus) 857, 5. (-) Joe Root (Eng) en Henry Nicholls (NS) 763, 7. (-) David Warner (Aus) 756, 8. (-) Aiden Markram (SA) 719, 9. (-1) Quinton de Kock (SA) 718, 10. (-) Faf du Plessis (SA) 702.

Boulers (vorige posisie in hakies): 1. (-) Pat Cummins (Aus) 878, 2. (-) James Anderson (Eng) 862, 3. (-) Kagiso Rabada (SA) 851, 4. (-) Vernon Philander (SA) 813, 5. (-) Ravindra Jadeja (Ind) 794, 6. (-) Trent Boult (NZ) 771, 7. (-) Jason Holder (WIE) en Mohammad Abbas (Pak) 770, 9. (-) Tim Southee (NS) 767, 10. (-) Ravichandran Ashwin (Ind) 763. – IKR

Meer oor:  Kagiso Rabada  |  Faf Du Plessis  |  Duanne Olivier  |  Suid-Afrika  |  Ranglys  |  Kolwers  |  Ikr  |  Boulers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.