Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Duanne troon uit bo sy boulmaats

Duanne Olivier sou waarskynlik nie in sy wildste drome dink dat hy die voorste paaltjievraat sou wees in ’n boulaanval saam met Dale Steyn, Vernon Philander en Kagiso Rabada nie.

Dale Steyn wens Duanne Olivier geluk met een van sy paaltjies teen Pakistan. Foto: Gallo Images

Olivier se oes van vyf paaltjies (5/51) op dag twee van die derde toets teen Pakistan op die Wanderers in Johannesburg, het die Proteas gehelp om die besoekers vir slegs 185 uit te boul. Met 21 paaltjies in die reeks, is Olivier nou ook verreweg die voorste paaltjievraat.

“Ek sal dit enige dag vat. Die res van die Protea-aanval is uitstekende boulers. Ek probeer net om elke oomblik te geniet en pret te hê. Nou is ek die voorste paaltjievraat en ek is baie bly daaroor,” het Olivier Saterdag gesê.

Hy het met verwoestende vaart geboul en baie wip uit die blad gekry. Volgens hom geniet hy die rol van aggressor in dié boulaanval.

“Ek gee nie om om dit te doen nie. Elke bouler is anders. Ek hou daarvan om kort te boul en dit gaan goed sover. Dit sal anders wees op ’n ander blad,” sê hy.

Olivier het die Proteas se eerste deurbraak gemaak toe hy ná net meer as ’n uur se spel eers van Mohammad Abbas en toe van Asad Shafiq ontslae geraak het.

Dit het gevolg op ’n uur van frustrasie vir die Proteas, met ses kanse in die veld wat verbrou is.

Dit was frustrerend vir die span, maar dit gebeur, dis krieket.
Duanne Olivier

“Dit was frustrerend vir die span, maar dit gebeur, dis krieket. Ons het probeer om net so vinnig as moontlik aan te beweeg.

“Die koeldrank-pouse was ’n goeie blaaskans vir ons en daarna het ons net aangehou om ons planne uit te voer.”

Die Proteas kolf Sondag op die derde dag voort met hul telling op 135/5 – reeds ’n voorsprong van 212 lopies. Hashim Amla (42*) en Quinton de Kock (34*) sal die beurt hervat.

“Ons het nie ’n spesifieke teiken in gedagte nie. Quinnie en Hash is steeds voor die penne, so ons sal so lank probeer kolf as wat ons kan.

“Dit lyk of die blad verder gaan verweer, wat goeie nuus vir ons is.

“Dié blad het lekker swaai en jy hoef ook nie te kort te boul nie, want die blad het lekker wip.

“Die blad bied steeds goeie bystand aan die boulers, maar die kolwers kan lopies aanteken as hulle hulself ingrawe.”

Pakistan se kaptein, Sarfraz Ahmed (50), sê as hy en Babar Azam (49) op hul blitsige vennootskap van 78 van 61 balle kon voortbou, sou Pakistan in ’n baie stewige posisie gewees het.

Toe Ahmed en Azam kort ná mekaar uit is, het Pakistan verkrummel.

“Ek en Babar wou positief kolf, maar ongelukkig kon ons nie langer kolf nie. Ons is albei met swak houe uit.

“Dié toets is egter steeds in die weegskaal,” sê hy.

Meer oor:  Wanderers  |  Johannesburg  |  Proteas  |  Duanne Olivier  |  Pakistan  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.